Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.
Vakature: Leraar
Die NG Gemeente Worcester-Audenberg stel hiermee, in biddende afhanklikheid van God, ’n vakature bekend vir ’n leraar.
Ons gemeentevisie: Medewerkers van God: Behoort, Versorg, Groei, Dien.
Gemeenteprofiel:
Die NG Gemeente Worcester-Audenberg is geleë in die pragtige dorp Worcester in die Boland, 100 km vanaf Kaapstad. Huidige lidmaatgetalle is 807 belydende lidmate en 207 dooplidmate. Ons gemeente is gestig in 1975 en ons vier vanjaar ons halfeeufees.
Daar is ’n gemeentediens wat meer formeel is met ouer lidmate en hoërskoolkinders, gevolg deur ’n diens vir gesinne met jonger kinders, wat oorvloei na kategesebediening.
Leraarsprofiel:
- Goeie interpersoonlike vaardighede en moet gemaklik in ’n span funksioneer.
- Goeie menseverhoudings handhaaf en passie hê vir bediening van die Woord in alle fasette van gemeentewerk.
- ’n Lewende geloofsgemeenskap kan uitbou en saamneem op ons pad as missionale gemeente.
- Moet albei ons dienste kan behartig met interaksie met die lidmate.
- Gewensde ouderdom is tussen 35 en 45 jaar oud.
- Mededissipels en leiers kan oplei om lidmate te lei in dissipelskap.
- Ervare en entoesiasties wees om op ’n kreatiewe manier gebruik te maak van vernuwende tegnologie, sosiale media en musiek, om dit te gebruik as bedieningshulpmiddels.
Pligte:
- Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
- Hooffokus op gesinne met skoolgaande kinders en ontwikkeling van die jeugbediening.
Vergoeding en voordele:
- Volgens sinodale skaal.
- Basiese salaris, pensioen, medies en vervoertoelaag volgens sinodale riglyne.
- Behuising in pastorie is beskikbaar.
Aansoek:
Alle aansoeke moet per e-pos gestuur word na admin@audenberggemeente.co.za
Aansoeke moet bestaan uit volledige CV, drie referente, foto’s, motiveringsbrief waarom jy jouself in hierdie pos sien, asook ’n digitale kopie van ’n erediens.
Aansoek moenie vier bladsye oorskry nie.
Sluitingsdatum: 31 Maart 2025.
Diensaanvaarding: 1 Julie 2025.
Navrae:
- Pieter Pienaar – 072 450 4462 – pieterpienaar74@gmail.com
- Willem Oosthuysen – 082 448 8968 – ooswjj@gmail.com