Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

NG Gemeente Worcester-Audenberg: Leraar

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar

Die NG Gemeente Worcester-Audenberg stel hiermee, in biddende afhanklikheid van God, ’n vakature bekend vir ’n leraar.

Ons gemeentevisie: Medewerkers van God: Behoort, Versorg, Groei, Dien.

Gemeenteprofiel:

Die NG Gemeente Worcester-Audenberg is geleë in die pragtige dorp Worcester in die Boland, 100 km vanaf Kaapstad. Huidige lidmaatgetalle is 807 belydende lidmate en 207 dooplidmate. Ons gemeente is gestig in 1975 en ons vier vanjaar ons halfeeufees.

Daar is ’n gemeentediens wat meer formeel is met ouer lidmate en hoërskoolkinders, gevolg deur ’n diens vir gesinne met jonger kinders, wat oorvloei na kategesebediening.

Leraarsprofiel:

  • Goeie interpersoonlike vaardighede en moet gemaklik in ’n span funksioneer.
  • Goeie menseverhoudings handhaaf en passie hê vir bediening van die Woord in alle fasette van gemeentewerk.
  • ’n Lewende geloofsgemeenskap kan uitbou en saamneem op ons pad as missionale gemeente.
  • Moet albei ons dienste kan behartig met interaksie met die lidmate.
  • Gewensde ouderdom is tussen 35 en 45 jaar oud.
  • Mededissipels en leiers kan oplei om lidmate te lei in dissipelskap.
  • Ervare en entoesiasties wees om op ’n kreatiewe manier gebruik te maak van vernuwende tegnologie, sosiale media en musiek, om dit te gebruik as bedieningshulpmiddels.

Pligte:

  • Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Hooffokus op gesinne met skoolgaande kinders en ontwikkeling van die jeugbediening.

Vergoeding en voordele:

  • Volgens sinodale skaal.
  • Basiese salaris, pensioen, medies en vervoertoelaag volgens sinodale riglyne.
  • Behuising in pastorie is beskikbaar.

Aansoek:

Alle aansoeke moet per e-pos gestuur word na admin@audenberggemeente.co.za

Aansoeke moet bestaan uit volledige CV, drie referente, foto’s, motiveringsbrief waarom jy jouself in hierdie pos sien, asook ’n digitale kopie van ’n erediens.

Aansoek moenie vier bladsye oorskry nie.

Sluitingsdatum: 31 Maart 2025.

Diensaanvaarding: 1 Julie 2025.

Navrae:

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top