Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Murraysburg: Leraar

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Leraar

Sluitingsdatum: 31 Maart 2025.

In biddende afhanklikheid nooi die NG Gemeente Murraysburg leraars om aansoek te doen vir hierdie vakante leraarspos.

Die NG Kerk Murraysburg is geleë in die hartjie van die Sentraal-Karoo met sy eiesoortige natuurskoon. Murraysburg is ’n kleiner plattelandse dorp ongeveer 90 km noordwes van Graaff-Reinet, waar hoofsaaklik skaap-, Angorabok- en beesboerdery bedryf word. Die gemeente bestaan uit 103 belydende lidmate en 35 dooplidmate wat in ’n dorpswyk en vier plaaswyke ingedeel is. Mense en menseverhoudinge is baie belangrik op ons dorp en ons streef na onderlinge samewerking om die hartklop van die dorp te versterk. Ons dorp met sy mooi omgewing, gesonde vars lug en ’n aktiewe gemeenskap voorsien in die noodsaaklike behoeftes en infrastruktuur. Talle jonger gesinne het hulleself in die laaste paar jaar in die gemeente gevestig.

Ons nooi jou graag om die volgende leraar van hierdie gemeente te word.

Leraarsprofiel:

  • ’n Gelegitimeerde van die NG Kerk wees.
  • ’n Lewende persoonlike verhouding met God Drie-enig hê en dit beskou as ’n roeping om in sy diens te staan.
  • Ons is op soek na ’n leraar wat wil deel word van die gemeenskap, ’n passie het vir die platteland en begrip het vir die uitdagings van ’n plattelandse gemeente.
  • Ons leraar moet oor bedieningsvaardighede beskik om alle ouderdomsgroepe te kan inspireer.
  • Ons plaas ’n hoë premie op betrokkenheid en meelewing in die gemeente.

Spesifieke pligte:

In aansluiting by die ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde, verwag ons van die leraar:

  • Skrifgetroue Woordverkondiging en sakramentbediening.
  • Goed voorbereide preke.
  • Bywoning van wyksbyeenkomste.
  • Beoefening van pastorale versorging.
  • Huis- en siekebesoeke.
  • Om jeug en werkende jongmense in te skakel by die gemeente.

Hierdie pos is vir ’n tweejaartermyn. Indien dit tot die voordeel van die gemeente en leraar strek, en binne die vermoë van die gemeente is, kan die termyn deur die kerkraad as verteenwoordigers van die gemeente, verleng word. Vergoeding is onderhandelbaar, maar nie volgens sinodale skale nie. ’n Ruim pastorie word voorsien.

Help ons om jou te leer ken deur ’n CV van nie langer nie as drie bladsye te stuur na ngkmurraysburg@gmail.com

Ons sal ook graag die name en kontakbesonderhede van drie referente ontvang.

Die sluitingsdatum vir die indiening van CV’s is 31 Maart 2025. Jou CV sal deeglik oorweeg word en daar mag dan besluit word om jou vir ’n onderhoud te nooi. Die datum vir diensaanvaarding sal met die geskikte kandidaat onderhandel word.

Doen navraag by:

John Swanepoel (leierouderling): 082 376 2131.

Ds Clifford James (konsulent): 076 287 1664.

Die gemeenteraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang word nie.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.