Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Gemeente Elarduspark: Leraar met fokus op die jeug

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Leraar met fokus op die jeug

(Hoërskool, studente en jongvolwassenes)

NG Gemeente Elarduspark is ’n dinamiese geloofsgemeenskap in die ooste van Pretoria wat elke dag die liefde van God bely – vir elke mens, oor alle grense heen. Ons gemeente bestaan uit ongeveer 4 500 lidmate. Ons fokus is om ’n geestelike tuiste te wees waar mense geborge voel in God se genade en liefde. Ons is op soek na ’n passievolle en toegewyde leraar om leiding te neem in ons jeugbediening en jongmense op hulle geloofsreis te begelei.

Gemeenteprofiel:

Ons bedien ’n diverse gemeenskap wat insluit hoërskoolleerlinge, studente en jongvolwassenes. Ons jeugbediening is ’n kernfokusgebied en word ondersteun deur sterk bande met omliggende skole, insluitend groot laer- en hoërskole.

Vergoeding: Vergoeding is volgens sinodale riglyne.

Diensaanvaarding: 1 Junie 2025.

Ampspligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde met spesiale fokus op:

  • Hoërskool-, studente- en jongvolwassene-bediening.
  • Beplan en aanbied van weeklikse eredienste, geloofsvorming en jeugbyeenkomste.
  • Organisering en leiding van kampe, uitreike en spesiale jeugprojekte.
  • Begeleiding en toerusting van beide jeug en ouers binne die groter gesin, gemeente en gemeenskap.
  • Skakeling met ander gemeentes, skole en relevante instellings.
  • Toerusting en begeleiding van jeugleiers en jeugbestuur.
  • Deelname aan gemeentelike byeenkomste en samewerking met die leraarspan.
  • ’n Volledige posbeskrywing is beskikbaar op navraag by die kantoorbestuurder (bestuur@ngelarduspark.org.za).

Leraarsprofiel:

  • Gelegitimeerde proponente of predikante van die NG Kerk.
  • ’n Navolger van die opgestane Here Jesus Christus.
  • Passievol oor jeugbediening, prediking en verhoudingsbou.
  • Goeie kommunikeerder en spanspeler binne ’n dinamiese span.
  • Vaardig met moderne tegnologie en kreatief in die gebruik daarvan.
  • Vereenselwig met die teologiese identiteit van NG Elarduspark.

Aansoekproses:

Belangstellendes word versoek om volledige inligting oor die aansoekproses aan te vra by die kantoorbestuurder Riaan van Zyl (bestuur@ngelarduspark.org.za). Die aansoekproses versoek:

  • ’n Verkorte Curriculum Vitae (CV).
  • Die invul van ’n vraelys.
  • ’n Drie minute video volgens die riglyne wat voorsien sal word.

Belangstellendes word versoek om hierdie inligting voor 18 Maart 2025 aan te vra.

Sluitingsdatum vir die inhandiging van die volledige aansoek is 23 Maart 2025.

  • Aansoekers wat die kortlys haal, sal in kennis gestel word en moet beskikbaar wees vir in-persoon onderhoude 8 April 2025.
  • Deel van die onderhoudsproses is ’n 10 minute preek oor ’n teks wat voorsien sal word.
  • Die aansoekers wat die kortlys haal sal onderwerp word aan ’n psigometriese evaluasie.

Die kerkraad behou die reg voor om die pos nie te vul, indien geen geskikte kandidaat gevind word nie.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.