Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2024

NG Kerk Upington-Moedergemeente: Voltydse leraar, onbepaalde termyn

Dié advertensie verteenwoordig die standpunte van die adverteerder en nie noodwendig dié van Kerkbode nie.


Vakature: Voltydse leraar, onbepaalde termyn

Upington Moedergemeente glo daaraan dat elkeen spesiaal is en probeer elke lidmaat, van die jongste tot oudste, bedien. Ons glo dat as jy in die kerk is, is jy deel van ons familie. As jy hier is, is jy tuis! Ons kinders is baie belangrik en word altyd betrek in eredienste. Ons is ’n diverse en inklusiewe gemeente met meer as twee derdes van ons lidmate wat in diasporawyke woon. Ons is dinamies en skram nie weg van moeilike situasies of besluite nie. ’n Meelewende kerkraad en gemeente met ’n sterk leierskorps stuur die gemeente met diep dankbaarheid en hunkering na God se wil. Ons glo dat God ons gestuur het en elkeen van ons daagliks gebruik om ’n verskil te maak daar waar jy is met jou eie besonderse gawes.

Ons nooi jou graag om aansoek te doen om voltydse leraar van ons gemeente te word.

  • Ons wil jou nie beperk tot Kerkorde Artikel 9 se pligtestaat nie. Ons nooi jou om op jou unieke wyse ons verder te help om God se vreugde oor sy gemeente te vermeerder.
  • Ons is nie so geïnteresseerd in wat jy kan doen en ons laat doen nie. Ons is meer geïnteresseerd in wie jy is en hoe jy ons kan help om meer te wees en nog meer te word.
  • Ons wil hê ons leraar moet van binne na buite leef. Ons soek geloofwaardigheid. Ons soek nie ’n volmaakte mens nie, maar ’n eerlike en positiewe mens-mens.
  • Ons leraar moet bewus wees van persoonlike blindekolle en onvermoëns en hoe om dit aan te vul. Ons leraar moet bereid wees om die bediening met ander te deel, sodat ons netwerke kan skep, wat die gemeente en die gemeenskap kan help tot ’n volronde bediening.
  • Ons leraar mag nie bang wees om dapper, kreatief, vernuwend en toekomsgerig te dink en doen nie. Tog is tradisie vir ons belangrik.
  • As jy ons beter wil leer ken en verstaan, kyk na ons roepingsverklaring. Dit is beskikbaar by ons skriba en sy sal dit graag vir jou e-pos. Ons sal van jou verwag om by hierdie lewende en groeiende dokument in te koop en daaraan deel te neem.

Help ons om jou te leer ken deur ’n CV, van ongeveer drie bladsye, te stuur na:

moedergemeenteupington@gmail.com.

Ons gaan jou heel moontlik ook vra om ’n vraelys te voltooi om jou beter te leer ken.

Die sluitingsdatum vir die ontvangs van jou CV is 30 April 2025. Ons mag dan besluit om jou te nooi vir ’n onderhoud. Diensaanvaardingdatum is onderhandelbaar.

Ons sal jou graag materieel versorg met ’n pakket gelykstaande aan die sinodale riglyne. Ons is bereid om na jou behoeftes te luister en daaroor te onderhandel. Dui ook vir ons aan met jou aansoek of jy in ons pastorie wil woon of eerder ’n huissubsidie wil ontvang.

Jy mag navrae doen by Jaco van den Heever, ons voorsitter (082 558 7182) of by Izell Riley, ons skriba (066 125 3600/082 374 7979).

Die gemeente het die reg om nie noodwendig ’n aanstelling te maak uit die aansoeke nie.

Vriende van Kerkbode

Ons benodig jou ondersteuning om ons digitale reikwydte te vergroot deur woord, video en die Kerkbode-podsending…

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…

Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.