Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE BELLVILLE-RIEBEECK: SKRIBA

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Skriba

Gemeenteprofiel: Gemeente Bellville-Riebeeck is geleë in Chrismar/De la Haye, Bellville en het ongeveer 700 lidmate wat deur twee predikante bedien word.

Skribaprofiel: Die pos is geskik vir ’n volwasse, ervare persoon wat ’n goeie balans tussen taak-en mensgerigtheid handhaaf, grondige kennis het van boekhouding, personeelaangeleenthede sowel as statutêre verpligtinge in dié verband, algemene kantooradministrasie en bemarking.  Die skriba speel ’n integrale rol in kommunikasie met gemeentelede en die publiek, daarom is goeie menseverhoudings, empatie en diensvaardigheid baie belangrik.  Werksure is elke weeksdag vanaf 08:30-14:00 te Noordstraat 2, Chrismar, Bellville.
Pligte:
1. Finansiële administrasie
• Ontvang van gelde.
• Tel en kontrolering van gelde in samewerking met telkommissie.
• Hantering van alle uitbetalings, insluitende salarisse en statutêre oorbetalings
(SARS e-filing en WVF).
• Uitreik en rekonsiliëring van IRP5-sertifikate.
• Boekstawing van alle finansiële transaksies.
2. Boekhouding (Pastel word tans gebruik).
• Opstel van state tot by proefbalans.
• Opstel van bestuursinligting.
• Maandelikse inkomste- en uitgawestate.
• Opstel van gemeentestatistieke.
• Voorbereiding vir jaarlikse ouditering.
• Opstel van begroting in samewerking met finansiëlekommissie.
3. Algemene administratiewe pligte
• Ontvangs van besoekers en hantering van telefoniese en elektroniese navrae.
• Skakeling met kerkraad en kommissies.
• Opstel van agendas en notules vir vergaderings.
• Byhou en uitbou van liasseerstelsel en kerklike registers.
• Verdere pligte soos in diensooreenkoms vervat.

Vereistes:

• Minimum: Graad 12 kwalifikasie. ’n Toepaslike Nasionale Kwalifikasieraamwerk NKR) Vlak 5 kwalifikasie is ’n sterk aanbeveling.
• Minimum van drie jaar ondervinding in verkieslik kerklike finansiële en administratiewe omgewings.
• Rekenaarvaardigheid in Excel, MS Word, Outlook, PowerPoint.
• Vertroud met die skep en plasing van inhoud op sosiale media.

Vaardighede:
• Sterk syfer- en taalvaardighede.
• Goeie interpersoonlike/menseverhoudings.
• Organisatoriese en tydsbestuurvaardighede.
• Aandag aan fyner besonderhede.

Vergoeding: Onderhandelbaar tydens onderhoud, met sinodale skaal as riglyn.

Aansoeke:
Rig asseblief aansoeke aan Die Kerkraadvoorsitter en stuur per e-pos aan dwelgemoed@gmail.com. 

Aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV.
Sluitingsdatum: 9 Augustus 2025.
Diensaanvaarding: 01 September 2025.

Navrae: Danita Welgemoed by 072 732 3172 en dwelgemoed@gmail.com
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke wat ontvang is, te maak nie.

 

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top