Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2025

Die Apostoliese Geloofsbelydenis stel dus die fundamentele geloofsleer van die Christendom saam en beskryf die geloof in die Drie-eenheid (God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees), die verlossing van die mens deur Jesus Christus, die rol van die Heilige Gees, die kerk en die toekomstige opstanding en oordeel.

Uit my Dagboek | ’n Week van nadenke en ontmoeting – Nioma Venter

Geborg

Hierdie is 'n rubriek. Die opinies van skrywer weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Die afgelope week in Kaapstad het my gedagtes telkens na Paulus se besoek aan die Areopagus in Handelinge 17 gedwaal – in Atene, waar hy voor die Griekse filosowe gestaan en met gesag oor die “onbekende god” gepraat het. Hierdie beeld het vir my nuwe betekenis gekry ten tye van my ervaring met die Interfaith20-byeenkoms, vertel Nioma Venter

 

In Mei vanjaar het ’n werkgroep van hierdie forum uit die VSA my in Hatfield besoek. Hulle verkenning van die NG Kerk se agenda en ons voortspruitende gesprek rondom kwesbare gemeenskappe het my laat terugdink aan ons roepingsverklarings van die afgelope twee dekades. Ek kon met oortuiging deel van ons volgehoue getuienis: ons uitreik na mense in nood, ons samewerking met ander kerke, ons plek in die burgerlike samelewing. Ons vroeëkinderontwikkeling-fokus sedert 2015 en die nasionale Christelike rampondersteuningsnetwerk (RESPOND SA) waarin die NG Kerk ’n leidende rol gespeel het en steeds speel, is konkrete uitdrukking van hierdie roeping. So ook die uitgebreide plaaslike bediening van NG gemeentes regdeur die land.

LEES OOK: NG Kerk gee uit medelye humanitêre hulp in Midde-Ooste

Die IF20 se ontstaan in 2014 om intergeloofgroepe se gedeelde waardes by die G20-agenda in te bring, het my oë geopen vir ’n nuwe ruimte van betrokkenheid. Aanvanklik onbekend, maar gou het ek die voorreg en noodsaaklikheid daarvan besef. Die geleentheid om in ’n openingseremonie die Christelike geloof te verteenwoordig – “In die naam van die Vader, Seun, Heilige Gees” – was besonder betekenisvol. In die oomblik het ek vanuit ’n diep oortuiging en identiteit, in die openbaar, tussen ander gebid tot die drie-enige God, tot Christus as die Weg en Waarheid en tot die Heilige Gees wat Christus aan ons openbaar.

Nioma Venter. Foto: Le Roux Schoeman

LEES OOK: Elders gesien | Geloofsleiers dink saam in aanloop tot G20-beraad

Die teenwoordigheid van my ekumeniese Christen-kollegas het my bemoedig. Ons het die unieke geleentheid raakgesien om te getuig én sosiale kohesie met ander gelowe te bou. Ons kon ook ons ervaring teenoor mekaar verwoord, naamlik om op so ’n manier met ander godsdienste in vrede saam te wees. Persoonlik was my ontmoeting met ’n Hindoevrou uit Indië baie spesiaal. Ons het saam iets gevier van mensheid en respekvolle saamwees.

LEES OOK | Elders gesien: NG Kerk gereed om skenking aan slagoffers in Gasa te maak

Die IF20 se wêreldwye ooreenkoms om “niemand agter te laat nie” weerspieël ons eie hart vir kwesbares: vroue, kinders, gestremdes, geweldslagoffers. Die vyf temas – voedselsekerheid, migrasie, rampondersteuning, ekonomiese risikos, en intergodsdienstige spanning – spreek direk tot ons roeping.

Hierdie blootstelling rus my toe vir toekomstige verteenwoordiging van die kerk. Dit maak my bewus van geleenthede, bou netwerke, en skep betekenisvolle ontmoetings. Soos Paulus in Atene, staan ons voor nuwe forums waar ons met respek ons geloof kan deel op maniere wat God se koninkryk op ’n besondere manier dien.

  • Dr Nioma Venter is algemene sekretaris van die NG Kerk. Sy skryf oor plekke, mense en ervarings wat sy in die uitvoering van haar werk teëkom en beleef.

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Versprei God se Woord
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

1 thought on “Uit my Dagboek | ’n Week van nadenke en ontmoeting – Nioma Venter”

  1. Help my verstaan asb.: Dr Nioma Venter dink Paulus se doel by Mars Hill (Aereopogus) was om sosiale kohesie te ontwikkel?

    Ek dog hy het gesê
    Acts 17:30–31 (ESV)
    17:30 The times of ignorance God overlooked, but now he commands all people everywhere to repent,
    17:31 because he has fixed a day on which he will judge the world in righteousness by a Man whom he has appointed; and of this he has given assurance to all by raising Him from the dead.”

Comments are closed.

Scroll to Top