Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Brief: Waarom het Groote Kerk dié geleentheid gereël?

Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.

Gert Heymans van NG Kerk Reitz skryf: Die beriggewing rondom die kontroversiële gebeure te Groote Kerk, Kaapstad dra verwysing.

Sonder om na die kerkregtelike interpretasie, die teologiese interpretasie en gereformeerde siening te kyk, wil ek graag my stuiwer in die armbeurs gooi, en vra – Waarom?

Ek is nie ’n teoloog of kerkregkundige nie, maar in my nering as ’n regsgeleerde vra ek my onwillekeurig af, waarom het die Groote Kerk, Kaapstad tot hierdie handeling oorgegaan?

Indien dit vir finansiële gewin is, waarom is haar ring nie in kennis gestel nie? Indien dit oor ’n teologiese diskoers handel, waarom is die ring en die Sinode van Wes-Kaapland nie in kennis gestel nie?

Hetsy, enige van bogemelde, wat was haar bedoeling? Die bedoeling is nêrens in meerdere vergaderings beredeneer nie. Die bedoeling gaan die hele narratief beredder.

Ek doen derhalwe beroep op ds Riaan de Villiers (leraar by Groote Kerk), om die Algemene Sinode Moderamen (ASM) in te lig oor die bedoeling, want die optrede van De Villiers het die NG Kerk blind gelaat, en haar bes moontlik binne storm gelaat, wat sy nie orkestreer het nie.

Terloops wil ek na die volgende verwys, nadat die NG Kerk in 1982 weens “status confessionis” uit die WGBK geskors is, weens ons ideologie van Apartheid, en hertoegelaat is deur die WRK en WGBK, nadat die NG Kerk bely het gekwalifiseerde apartheid is sonde, begeef die Groote Kerk in Kaapstad op die antitese waarvoor die NG Kerk vir kettery aangekla is.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

4 thoughts on “Brief: Waarom het Groote Kerk dié geleentheid gereël?”

  1. Bernhard Ficker

    Uiters belangrike vraag wat Gert hier vra. HOEKOM? Niemand kon dit tot dusver bevredigend beantwoord nie. Hoekom moet die Palestynse saak in ‘n NG Kerk propageer word en die Here se Huis van Gebed in ‘n plek vir goedkoop politieke drama verander word??? Daar is mos vele ander sale daarvoor.

  2. Die aangeleentheid dui vir my op ‘n manier om Israel by te kom. Die vuisiewysers moet ‘n slag ook stelling inneem teen die behandeling van Sudanese, Rohingas , Oughers ens maar op ‘n ander plek as “n NG Kerk.

  3. Sleutelbordkryger

    Ek stem saam, en vra ook weereens die vraag (dalk sal iemand dit eendag beantwoord): Hoekom word daar bykans niks gesê oor ander oorloë of die slagting van Christene op ander plekke in die wêreld nie? Hoekom het die NG Kerk juis besluit om kant te kies hier en ons geld te stuur daarvoor, maar nie elders nie?
    Gaan dit oor skynbare parallelle met ons apartheidsverlede? Verewig skuldig oor apartheid, ook ons kinders en hul kinders?

  4. Theresa Papenfus

    Ek sal graag die NGK se amptelike standpunt oor die betrokke diens in die Groote Kerk wil verneem. Uit wat ek op video en uit briewe aflei, was dit ‘n geopolitieke byeenkoms. Waarom is die Groote Kerk hiervoor gekies? Wie het dit gereël? Wat was die motivering hiervoor? Was daar ‘n preek? Deur wie? (Ek het foto’s gesien van die imam op die kansel.) Was daar Skriflesing? Uit die Bybel? Is uit die Koran gelees? Of uit nie een van die twee nie? Tot wie is gebid? Is Allah se naam genoem? Is Jesus se naam genoem? Waarom is Hervormingssondag hiervoor gekies?

Comments are closed.

Scroll to Top