Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kollig-podsending | ‘Gebed is vir my soos my GPS’ – samesteller van 365 gebede vir nuwe bundel

Vroeër was sy benadering tot gebed dalk anders, maar deesdae wil hy spasies daarvoor in sy lewe skep, waar gebedsritmes as anker te midde van onsekerheid dien. Só vertel ds Dewald Hoffman, samesteller van die Gebedsboek vir tye wat tel wat Bybel-Media in 2025 uitgegee het.

Bestel die boek by Bybel-Media.

Die boek bevat 365 gebede wat ingedeel is volgens die seisoene van die kerkjaar. Onder die wye spektrum tel gebede deur al die eeue van die Christendom vanaf antieke kerkvaders tot vandag se tye met Moeder Teresa, Desmond Tutu, Cas Wepener en Jan Lubbe.

Hoffman se hoop is dat lesers van die boek ’n ontmoeting met God sal hê.

In hierdie gesprek oor gebed, oor die skrywer en oor die skryfproses, verduidelik Hoffman dat gebed vir hom met ’n anker of liggingstoestel (kompas of GPS!) vergelyk kan word.

  • Bybel-Media is ook die uitgewer van Kerkbode.

Lees meer oor die boek: Resensie | ’n Gebed vir elke dag van die jaar

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top