Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Die Kerklike Maatskaplike Diensteraad (KMDR) is ’n nasionale netwerk van geloofsgebaseerde organisasies, wat vanuit die barmhartigheidsinisiatiewe van die NG Kerk ontstaan het. Hier spreek Charl van Rensburg namens KMDR die Algemene Sinode Moderamen in Benoni toe.

Noodleniging binne SA: ‘Daar is goeie stories om te vertel’ – KMDR

“Julle weet nie watter verskil dit gemaak het nie … Ons is weer op die plek waar ons wil wees.” Só het Charl van Rensburg namens die Kerklike Maatskaplike Diensteraad (KMDR) op 25 Februarie by die vergadering van die NG Kerk se Algemene Sinode Moderamen (ASM) gesê.

 

LEES OOK: NG Kerk versterk steun aan maatskaplike dienste, vergroot rampfonds en beplan konferensie vir predikante in Augustus 2026

Dit kom ná die ASM in Nov 2025 besluit het om ’n bedrag van R1, 5 miljoen jaarliks (aan die einde van 2025, 2026, 2027) aan die KMDR beskikbaar te stel “vir die onmiddelike aanspreek van maatskaplike behoeftes soos deur daardie organisasies geïdentifiseer.”
Die KMDR is ’n nasionale netwerk van geloofsgebaseerde organisasies, wat vanuit die barmhartigheidsinisiatiewe van die NG Kerk ontstaan het.
Van Rensburg, as KMDR-voorsitter, het dank betuig en terugvoer gegee oor die impak wat daardie besluit glo reeds het. Hy het verwys na ’n strategie om die nuwe fondse regverdig beskikbaar te stel en verduidelik dat van hulle lidorganisasies in ’n oorlewingstryd gewikkel is ná befondsing vanaf die regering drasties verminder is.
Van Rensburg het afgesluit met ’n versoek dat organisasies wat baat gevind het by hierdie fondse hulle stories in kerklike media soos Kerkbode sal vertel. – Heléne Meissenheimer
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top