Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 20 Maart 2026)

BEROEP

Ds LJ (Louis) Fourie voorheen van Marble Hall na Birchleigh; prop D (Donovan) Weber as diensleraar na Greytown.

AANVAAR

Ds P (Pierrié) Kies van Mosselbaai na Ceresvallei

WES-KAAPLAND

AANVAAR

Hiermee bevestig ek dat die gemeente NG Kerk Ceresvallei vir ds Pierrié Kies van die NG Gemeente Mosselbaai beroep het op 19 Januarie en hy op 1 April dan by ons gemeente begin. (Magdel du Toit, skriba: NG Kerk Ceresvallei, 17.03.2026).

KWAZULU-NATAL

BEROEP

Graag stel ek julle in kennis dat prop Donovan Weber beroep is as diensleraar na die NG Gemeente Greytown. (Alet van der Merwe, gemeentebestuurder: NG Gemeente Greytown, 18.03.2026).

HOËVELD

BEROEP

Die kerkraad van die Nederduitse Gereformeerde Gemeente Birchleigh het op 16 Maart 2026 vir ds LJ (Louis) Fourie beroep as voltydse leraar. (Susan Moolman, tesourier: NG Gemeente Birchleigh, 17.03.2026).

  • Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top