Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Jacques Nel van Toronto skryf: Gebeure in die Midde-Ooste is steeds voorbladnuus. In reaksie tot dit hoor ons uitsprake ook van die kerk se kant. Wat niemand verwag het nie, was om beide ’n Amerikaanse president en ’n Amerikaans-gebore pous (foto bo), so gou saam in die arena oor dit te sien. Dat hulle boonop so skerp met mekaar verskil, dit mag wel ’n paar skokgolwe veroorsaak.
As die Amerikaanse president oortuig is dat die leiers van Iran nie kernwapens mag besit nie, hoe anders? Gegewe die uitsprake van daardie leiers oor baie jare en hul ondersteunning aan terreurgroepe, stel jou dit voor. Missiele met kernplofkoppe wat enige groot wêreldstad kan bereik in sulke hande? Ons sê almal nee, sou ons rasioneel wees.
As die pous dan net so oortuig is dat ons vredemakers moet wees, hoe anders? Gelukkig (makarios) is die vredemakers want hulle sal kinders van God genoem word. Ons wil almal graag kinders van God wees. Dit gebeur nie vanself nie. Jy moet ’n vredemaker wees (Hebreers 12 vers 14).
As ’n bepaalde owerheid of owerhede dan die swaardmag gebruik het (Romeine 13) om te keer dat kernwapens in verkeerde hande beland, so be it. Toe ons egter hoor dat dit die einde van ‘n antieke beskawing kan beteken, toe het ons gevra: is dit nou nodig? Soveel verwoesting? Wil ons nie juis die mense van Iran help tot ’n meer rustige lewe nie?
So ja, weeg jou woorde. Niemand kan God se oorlog met mensgemaakte wapens veg nie. Die kerk praat altyd met die woordeskat van vrede of anders sink ons in ’n bodemlose put. Maar dan, die owerheid dra ook die swaardmag om die oortreder te straf. Mense met kernwapens wat nie die taal van vrede verstaan nie, is die einde. Jesus het gesê: Wees versigtig soos die slange, maar opreg soos die duiwe (Matteus 10 vers 16).

Ek verwys na Jacques Nel se skrywe oor die aanvalle in Iran, en die pous en Amerikaanse president se woordewisseling daaroor. As ek Jacques reg verstaan, meen hy dat die Amerikaanse president die vredemaker is deur oorlog te voer. Dis natuurlik ‘n valse argument wat al in die antieke (Assiriese, Babiloniese, Persiese, en veral later, Romeinse) grootryke gebruik is. Jy moet oorlog voer om vrede te maak. Ek dink nie dis dié soort vredemakers wat geseënd sal wees nie.
Die verdere ironie is dat dit algemeen bekend is dat Amerika en Israel ook oor kernwapens beskik waarmee “‘n hele beskawing” uitgewis sal kan word. Ek is onseker of mense (Jacques ingesluit) die leiers van hierdie twee lande met die druk van die kernknoppies kan vertrou? Ek vertrou hulle ook nie! Waarom Iran daaroor kritiseer, terwyl mens self daardie tegnologie ontwikkel het en dreig om dit te gebruik?
Miskien moet mens eerder as Christene wat vredemakers is, pleit dat al hierdie onbeheerbare magte moet afsien van hul gewelddadige optrede.
Louis jy verstaan my verkeerd. Ek se bloot se twee wereldse owerhede (die VSA en Israel) het die swaardmag gegee aan die staat (Romeine 13) gebruik om te keer dat Iran kernwapens bekom (wat dan moontlik teen die twee genoemde lande gebruik kan word). Of dit so is, is n feitevraag waaroor ons kan verskil. My skrywe noem juis dat Trump se verwysing na die vernietiging van n antieke beskawing (Iran was eens die ou Persie) sou die Iranese owerheid nie gehoor gee nie ‘overkill’ is wat ons almal onstel het. Trump is nerens in my brief die vredemaker nie. Pous Leo is, wat ons christene altyd moet wees. Kerk en staat sal nooit op dieselde spoor loop nie en dit is die tragedie van ons gebroke werkelikheid. Kom dit by die feitevraag meen ek wel die huidige Iranese regering met kernwapens will be way to big a risk. Gegewe hul steun aan terreur bewegings en Death to America en Death to Israel uitsprake van die verlede. Daaroor kan ons verskil. Dat alles gedoen moet word om vrede tussen die vegtende partye te bereik bly steeds die enigste christelike weg.
Ek dink nie dat Jacwues Nel die konteks van Rom 13 in ag geneem het in sy brief nie. Die swaardmag van die staat verwys beslis nie daarna dat ‘n land binnegeval kan word en soveel onskuldige mense in flarde geskiet kan word gegrond op die vermoede dat daardie land kernwapens wil aanwend nie. Rom 13 se swaardmag is gegee aan owerhede om in howe die gepaste strawwe toe te pas op diegene wat die landswette oortree het. Dit word sover my wete strek in die meeste lande toegepas, ook hier in SA. Maar die massamoorde wat op onskuldige burgers gepleeg word (reeds byna 20 000 burgerlikes en 1699 kinders) kan nooit in die naam van die God van die Bybel geregverdig word nie.
My vraag: hoe haal jy die bose onderdrukkers van eie mense uit wat ten doel het om hulle bose mag oor die wêreld te versprei anders as met geweld?
Iemand het iewers tussen 1983 en 1991 geskryf: “If the bell tolls for Israel, it will toll for all mankind!” He was right then, his words are even more right now…..
Elie Wiesel het destyds al gewaarsku dat “antisemitism always begin with the Jewish people, but never ends with the Jewish people.”
Niemand sien die Islamitiese aanslag op die Westerlinge (blankes) raak nie, maar raak betrokke by die skynheilige Pous en sy vals Baalpriesters. Ons kerk van die dag is so stiksienig dat net hul bazaars en offerhande nog ‘n rol speel. Hoe het ons gedink gaan die finale Raadsplan van JHWH uitspeel? Beslis nie met die “vriendelike Liewe-Jesus-benadering” teenoor Vader se vyande nie? Hou Europa dop, hul dae as ‘n blanke Christelike bakermat is reeds gedoem, maar die “Kerk” sien absoluut niks raak nie……
Die spreekwoord “cometh the hour, cometh the men” is van toepassing op Trump. Iewers sal iemand nog wakker word en die Wêreldgebeure van vandag nog sy dank uitspreek teenoor die VSA wat hierdie “Wilde Esels” van ons voorstoep af gehou het, hoor my lied.
Dirk. Sou die swaard mag (Romeine 13) dan aan die owerheid gegee wees, om die howe te ondersteun in die uitvoering van hul pligte om wetsoortreders te straf, dan maak dit geen verskil. Die wette van die staat Israel is verseker oortree daardie verskriklike Saterdag Sabbat van 7 Oktober 2023. Gegewe die aard van die gruweldade gepleeg deur Hamas, wat sal gebeur as Hamas se voorsiener van fondse en wapens (Iran) oor kernwapens beskik? Moet die owerhede van die VSA en Israel maar niks doen en wag vir die dag om te gebeur? Of wil n mens dan nou beweer dat die genoemde owerhede meer boos is as wat die Romeinse Ryk was? Dit is immers van die Romeinse owerhede wat Paulus se brief praat, in hoofstuk 13. As Paulus aan hulle die reg toeken? Sou Paulus in ons tyd gelewe het, sou hy nie dieselfde van die VSA en Israel se staatsgesag gese het nie?
Wat hier gems word is dat Iran se ‘regime’ Iran se burgers by duisende uitmoor en dat die grootste gedeelte van die bevolking die aanvalle van Amerika en Isreal verwelkom. Die regime is nie verkies deur die mense nie en alle teenkanting word met uiterste geweld onderdruk. In plaas van om die land te ontwikkel gaan alle geld vir terreur. Hulle bou nie kernwapens as afskrik middels nie maar om te gebruik, so gou moontlik. Islam het reeds sewe en vyftig lande oorgeneem en dit is nie genoeg vir hulle nie. Hulle sê dit openlik. Daar word jaarliks duisende mense deur Islamiste vermoor en niemand gee om nie, wand dit is meestal Christene wat uitgemoor word.