Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Lyttelton-Noord: Voltydse leraarspos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse leraarspos

Gemeenteprofiel:

Die NG Kerk Lyttelton Noord (Omgee-Kerk) stel in biddende afhanlikheid ’n vakature bekend vir ’n voltydse leraar met ’n fokus op die bediening van senior lidmate, gemeentegroei en die insluiting van jong gesinne.

Ons visie: ’n Biddende Omgee-Kerk wat Jesus in alles volg, en daarna streef dat almal dat onder leiding van die Heilige Gees Hom as Verlosser ken en beleef.

Ons roeping en taak: “Kom” – Oorgee; “Gaan” – Omgee; “Maak” – Aangee.

Die Omgeekerk is ’n biddende gemeente wat Jesus in alles volg en daarna streef dat almal Hom, onder leiding van die Heilige Gees, as Verlosser leer ken en beleef. Die gemeente bestaan uit 403 belydende lidmate en 51 dooplidmate.

Leraarsprofiel:

Ons is op soek na ’n leraar wat:

  • Riglyn ouderdom van 45.
  • Gemeenskapsgerig en energiek is.
  • Die gawe en roeping het om jong en senior lidmate te bedien.
  • ’n Passie vir gesinsbediening het.
  • Tweetalig is: kan in Afrikaans en Engels bedien.
  • ’n Hart vir pastorale sorg het.
  • ’n Strategiese denker is, wat lidmate tot groei kan motiveer en lei.
  • Tegnologies vaardig is (digitale kommunikasie, aanlyn eredienste, multimedia en sosiale media).
  • ’n Spanspeler is en gemaklik saamwerk binne die ring, ander denominasies en gemeenskapstrukture.
  • ’n Passie vir musiek en sang het.

Posbeskrywing: Soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoedingspakket: Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn. Pastorie is opsioneel.

Aansoeke:

  • Sluitingsdatum: 30 Junie 2026.
  • Aanvangsdatum: 1 Januarie 2027.
  • Aansoeke moet vergesel wees van ’n volledige CV en gestuur word aan die Kerkkantoor (Saakgelastigde: Susann Schwartz) by: kerkkantoor@omgeekerk.co.za

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak uit die aansoeke wat ontvang word nie. In lyn met POPIA sal alle aansoeke as vertroulik hanteer word.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top