Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Elders gesien | Gospelsanger en omroeper Johnny Davids oorlede

Die sanger, aanbieder en skrywer Johnny Davids is vroeg op Donderdag 16 April oorlede. Hy het moontlik ’n hartaanval gehad, maar dit is nog nie bevestig nie het Maroela Media berig. 

Davids was 49.

Verskeie radio- en TV-stasies asook kultuurorganisasies soos die ATKV het op sosiale media-platforms hulle meegevoel betuig.

“Die ATKV neem met leedwese kennis van Johnny Davids se afsterwe vroeër vanoggend. Johnny se veelsydigheid spreek uit die baie hoede wat hy gedra het: hy was sportkommentator, radio-omroeper, TV-aanbieder, skrywer, sanger, motiveringspreker, en daarby ook ’n toegewyde pa, eggenoot en vriend. Sy heengaan is vir die Afrikaanse gemeenskap in Suid-Afrika en Namibië ’n enorme verlies. Ons dink met deernis aan almal wat vir Johnny lief is,” lui die ATKV s’n op Facebook.

Davids het in 2024 sy biografie, Boytjie gepubliseer. Daarin het hy ondermeer vertel van sy moeilike grootwordjare saam met sy dowe arm ouma op die Kaapse Vlakte. Toe hy as jong man jare later vir haar en sy ma gaan opsoek het, het sy ma hom nie herken nie. “Dit het baie seer gemaak,” het hy vertel in ’n podsending-onderhoud vir Kerkbode Kollig.

Ds Farren Cloete van die VGK Lambertsbaai het hom ook op Facebook gegroet. “Dit is in oomblikke soos hierdie wat mens werklik besef hoe kort die lewe is. Dankbaar dat ek jou kon ken. Dankbaar dat jy jou storie kon deel in “Boytjie”. Rus sag Johnny Davids,” het sy geskryf.

Hy laat na sy vrou, Liezel, en kinders.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top