- Hierdie kennisgewings is op 17 April 2026 opgedateer.
- Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za.
BEROEP
Prop T (Théan) Meiring na Kareedouw.
AANVAAR
Prop T (Théan) Meiring na Kareedouw.
OOS-KAAPLAND
BEVESTIGING
Neem asseblief kennis dat NG Gemeente Kareedouw vir proponent Théan Meiring vanaf die gemeente Pretoria-Faerie Glen, beroep het. Hy sal op ’n termynbepaalde kontrakpos van ses maande aangestel word waarna sy kontrak, by verstryking van die periode, weer oorweeg sal word vir ’n verdere aanstelling. Proponent Théan het die beroep aanvaar en sal op DV 1 Mei 2026 in hierdie gemeente begin. Hy sal sy intreepreek lewer op Sondag 3 Mei 2026 om 09:30 die oggend. Hy sal dan op Sondagaand, 3 Mei, om 18:00 georden word. (Neels Scholtz, kantoorbestuurder: NG Kerk Kareedouw, 15.04.2026).
- Amptelike nuus in Kerkbode gaan oor nuwe leraar- en gemeenteskuiwe asook kerkverwante vergaderings binne die NG Kerk. Lees meer oor die nuutste kerkordelike voorskrifte hieroor in hierdie gids.
Geborg
