Hierdie is 'n lesersbrief.
Die opinies van briefskrywers weerspieël nie noodwendig die standpunte of oortuigings van die Kerkbode-redaksie of die NG Kerk nie.
Johann Theron van Kraaifontein skryf: Hier in Pinkstertyd lees ons weer van die Gees van die waarheid wat ook oortuig van sonde (Joh 16). Hierdie Gees van die waarheid het gepraat deur Natan se vinger wat Dawid se sonde met Batseba uitwys: âJy is die man!â (2 Sam 11, 12); en deur Jesus wat die sonde van die witgepleisterde grafte uitwys (Matt 23). Dit is nogal ontstellend hoe profesie bykans onmoontlik gemaak word in die moderne lewe.
LEES OOK | NG Kerk moet aanhou getuig: âOns het wit nasionalisme in die naam van God probeer, en dit het nie gewerk nieâ
Dink maar net aan die Algemene Sinode 2023 se besluit dat ân lidmaat nie meer ân gravamen (ernstige leerstellige beswaar) kan indien by die Algemene Sinode nie. Natan sou eers sy kerkraad moes oortuig, wat weer die moderamen of diensraad moes oortuig, wat weer die samestellende sinode moes oortuig, waarna die Algemene Taakspan Regte oor die ontvanklikheid moet oordeel voordat dit moontlik voor die Algemene Sinode sou kon dien dat Dawid, die koning, sy sonde wegsteek. Die kerkraad sou sekerlik reeds vir Natan sê dat hy geen bewyse het nie. Profesie is dus dood. In die kerk blyk dit asof die Heilige Gees eers begin praat as ân tweederde-meerderheid mense so voel.
LEES OOK | Zander van der Westhuizen: Tegnologie moet die mens help, nie anders om nie
In die NG Kerk Stockenström was daar sowat 600 wit en 600 bruin mense in die kerk rondom 1861. Van die wit lidmate het vanaf 1855 geweier om saam met die bruin lidmate Nagmaal te hou. Dit is nogal skokkend om te sien dat die Nagmaalsformulier op daardie stadium as volg gelees het: âNet soos daar uit baie koringkorrels één meel gemaal word en één brood gebak word en uit baie druiwekorrels saam één wyn en drank gepers word en dit met mekaar vermeng, so sal ons almal wat deur die waaragtige geloof in Christus ingelyf is, deur broederlike liefde, om Christus, ons liewe Saligmaker se ontwil, wat ons vroeër so uitnemend liefgehad het, almal tesame één liggaam wees en dit nie alleen met woorde nie, maar met die daad aan mekaar bewysâ.
Van die wit lidmate het egter besluit om hulle eie witbrood te bak en het kontant vir hulle ân eie kerk, ân hanetree van Stockenström, in 1863 gebou â Grey kerk. Hiermee is die liggaam van Christus by die Nagmaalstafel in twee geskeur en is ras in die NG Kerk se fondament in beton vas gegiet. ân Ou-Testamentiese profeet sou dit sekerlik afgodediens genoem het, maar vir sowat 160 jaar al word hierdie sonde weggesteek agter dik agendas, noukeurige kerkordes en imponerende sinodale strukture en Dawid heers indrukwekkend voort terwyl Urija, nou saam met Natan, dood in die graf lê.
As ân lidmaat van die NG Kerk in hierdie Pinksterfees by die Nagmaal aansit en daar is geen bruin lidmaat by nie â waarheen sou die Gees van die waarheid Natan se vinger laat wys?
