Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Vastetermynpos vir twee jaar
Sluitingsdatum: 2 November 2018.
Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van leraar.
GEMEENTEPROFIEL:
Die NG gemeente Smithfield is ’n plattelandse gemeente geleë in die Suid-Vrystaat, ongeveer 130 km vanaf Bloemfontein op die N6. Die gemeente bestaan uit 238 belydende en 65 dooplidmate wat verdeel is in vyf plaaswyke en vier dorpswyke.
LERAARSPROFIEL:
Daar word gesoek na ’n persoon wat verkieslik nie ouer as 35 jaar is nie, wat:
• ’n Entoesiastiese verhouding met die Here het.
• Met deernis na mense omsien.
• In ’n span kan saamwerk asook in die breë gemeenskapslewe betrokke sal wees.
• Getroud is, maar nie noodwendig.
(NOTA: Finalejaar teologiese studente is ook welkom om aansoek te doen, aangesien die aanstelling van leraar eers na legitimasie van studente sal plaasvind.)
VERGOEDING: Skaal 1 volgens sinodale riglyne.
AANSOEKE:
Aansoeke moet vergesel word van volledige CV en kontakbesonderhede van ten minste twee verwysings.
Rig aansoeke aan: Posadres: Die Pre-advieskommissie, Posbus 198, Smithfield 9966
E-pos: ngsmithfield@zipplink.co.za
Faks: 051 683 0220
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud en preekbeurt.
Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.
SLUITINGSDATUM: 2 NOVEMBER 2018.
DIENSAANVAARDING: 2 Desember 2018.
NAVRAE: Voorsitter: Marco Heymans 082 780 0697
Leierouderling: Kosie du Plessis 082 931 5463
Leierdiaken: Scott Brown 082 444 6933.
