Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Ermelo (Moedergemeente)

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Ons maak bekend dat ons ’n vakature vir ’n medeleraar in ’n span van twee het, en nooi alle belangstellende leraars en proponente om aansoek te doen.
Sluitingsdatum: 9 Januarie 2019.

Gemeenteprofiel:

NG Ermelo (Moedergemeente) is 148 jaar oud en het ongeveer 950 lidmate (klein en groot). Ons funksioneer as ’n geloofsfamilie wat lief is vir God, mekaar en ons naaste. Ons glo dat ons nie ter wille van onsself hier is nie, maar ter wille van die gemeenskap waarbinne ons Jesus sigbaar wil leef. Meer inligting is op ons webblad beskikbaar by www.ngermelo.com

Leraarsprofiel:

o ’n Lewende en passievolle verhouding met die drie-enige God.

o ’n Goeie spanspeler wat hartlik in spanverband kan saamwerk.

o Bereid om binne die raamwerk van Artikel 9 van die Kerkorde te werk, met klem op die bediening van kinders, tieners en jongmense.

o ’n Hart vir die platteland en boerdery-omgewing.

o Bekend vir sy/haar leierseienskappe, goeie menseverhoudings en sosiale vaardighede.

Aansoeke:

Verskaf ’n CV met die kontakbesonderhede van drie referente. Slegs per e-pos. Ontvangs van aansoeke sal erken word. Onderhoude sal met die kandidate op die kortlys gevoer word, met die moontlikheid van die neem van ’n preekbeurt op die gemeente se onkoste.

Stuur jou CV na: admin@ngkermelo.co.za

Navrae en verdere inligting: Ds Jaco van Niekerk by 082 804 1810.

Sluitingsdatum: 9 Januarie 2019.

Die kerkraad behou die reg om nie ’n aanstelling uit die aansoekers te maak nie, sonder opgaaf van redes.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.