Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Stellenbosch-Wes

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Musiekleier-orrelispos
Sluitingsdatum vir aansoeke is 11 November 2018.

Die NG gemeente Stellenbosch-Wes se musiek- en tegnologiebediening wag aansoeke in vir die pos van musiekleier-orrelis vir die gemeente se eredienste en kerklike geleenthede. Ons wil deur klassieke en hedendaagse musiek ’n dieper ervaring van lofprysing en aanbidding in ons eredienste vestig. Begeleiding kan met ’n verskeidenheid van musiekinstrumente (pyporrel, klavier, ens) aangebied word.

Die geskikte kandidaat:

a) Is entoesiasties en passievol oor musiek in die algemeen, maar met die klem op geestelike musiek en beskou dit as ’n roeping om die Here en die gemeente deur middel van musiek te bedien.

b) Omarm die diversiteit van die gemeente, in lyn met ons visie en getuienisskrif.

(sien www.stellenboschwes.co.za/visie/getuienisskrif/)

c) Het genoegsame kennis van geestelike musiek- en sangbegeleiding en kan self begelei tydens eredienste.

d) Het voldoende teoretiese kennis van musiekverwerking en -transponering.

e) Selekteer toepaslike liedere uit die klassieke en hedendaagse liedereskat vir die gemeente se aanbidding en lofprysing.

f) Neem deel aan erediensbeplanning in oorleg met die betrokke leraar.

g) Stel ’n musiekspan saam, motiveer en rig hulle af. Oefen weekliks saam met sangers en begeleiers.

h) Het toepaslike kwalifikasies en vorige ervaring.

Die kandidaat moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en ’n oudisie.

Vergoeding volgens SAKOV-riglyne.

Sluitingsdatum vir aansoeke is 11 November 2018.

Stuur CV en motiveringsbrief aan musiek@stellenboschwes.co.za

Rig navrae aan die gemeentebestuurder by 021 886 5132 of bogenoemde e-posadres.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.