Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Vastetermynpos vir twee jaar
Sluitingsdatum: 10 Januarie 2019.
GEMEENTEPROFIEL:
Die NG gemeente Leipoldtville is ’n plattelandse gemeente in die hartjie van die Sandveld. Die gemeente bestaan uit 160 belydende en 75 dooplidmate en is verdeel in agt wyke.
LERAARSPROFIEL:
’n Toegewyde gelowige wat die Here lief het en dien;
Geroepe vir bediening in ’n plattelandse gesinsgemeente;
Leiereienskappe besit met goeie menseverhoudinge wat na lidmate op alle sosiale vlakke en ouderdomme kan uitreik;
Verdere pligte soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde kan verrig.
VERGOEDING:
Volgens sinodale riglyne en met inagneming van gemeente se finansiële vermoë. Daar is ’n ruim pastorie beskikbaar.
Aansoeke:
Alle applikante moet ’n vraelys, beskikbaar by die kerkkantoor, voltooi en tesame met ’n volledige CV indien voor/op 10 Januarie 2019.
Tel: 027 412 2823.
E-pos: ngkleipoldtville@mylan.co.za
Navrae: Ds Sam Eygelaar (Konsulent)
Tel: 027 422 1016 E-pos: sameygelaar@mweb.co.za
Geldenhuys Visser (Voorsitter Pre-Advies)
Tel: 083 450 9055 E-pos: dva@mylan.co.za
Elsabe Carstens (Skriba Pre-Advies)
Tel: 083 225 6536 E-pos: bolangvlei@mylan.co.za
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
