Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE BLOEMHEUWEL

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Deeltydse leraarspos (Vastetermyn – Kontrak)
Sluitingsdatum: Vrydag 11 Januarie 2019 om 12:00.

Die gemeente maak in biddende afhanklikheid bogenoemde vakature bekend wat vanaf 1 Maart 2019 gevul moet word.

Gemeenteprofiel:

  • Bloemheuwel gemeente is ’n randstad gemeente in Bloemfontein, met 696 belydende en 60 dooplidmate.
  • Die gemiddelde ouderdom van die belydende lidmate is 70 jaar.
  • Daar is drie aftree-oorde binne die gemeentegrense.

Leraarsprofiel:

  • Persoon moet verkieslik ’n emeritusleraar wees en verantwoordelikheid neem vir preekbeurte in oorleg met die voltydse leraar.
  • Leraar met ’n passievolle uitlewing van sy/haar roeping.
  • Moet bereid wees om met oorgawe huis- en siekebesoek te doen en Bybelstudies te hanteer in twee van die aftree-oorde.
  • Sensitiewe pastor met ’n liefde vir die geestelike versorging van ouer lidmate.
  • ’n Persoon wat in spanverband kan saamwerk met die voltydse leraar en ander bedieninge van die gemeente.

Vergoeding:

  • Sal met die suksesvolle kandidaat beding word.

Aansoeke:
Aansoeke bestaande uit ’n volledige CV met besonderhede van twee referente moet per e-pos gerig word aan die NG gemeente Bloemheuwel by die volgende adres: skriba@ngbloemheuwel.co.za

Navrae kan gerig word aan oudl Piet Coetzer, Voorsitter van die kerkraad by: 082 771 3538.

Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag 11 Januarie 2019 om 12:00.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.