Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die kerkraad van NG gemeente Brandvlei wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.
Vakature: Voltyds-onbepaalde termynpos
Sluitingsdatum vir aansoeke: 17 Mei 2019.
Gemeenteprofiel:
Brandvlei is in die Boesmanland, Noord-Kaapland, geleë op die teerpad tussen Calvinia en Upington. Ons is ’n familie-grootte gemeente met 133 belydende en 26 dooplidmate. Die gemeente bestaan in hoofsaak uit skaapboere.
Leraarsprofiel:
Die gemeente is op soek na ’n gelegitimeerde leraar met volle ampsbevoegdheid.
Pligte:
- Werkverrigting ooreenkomstig Artikel 9 van die Kerkorde;
- ’n Hart vir die platteland en sy unieke bediening te hê;
- ’n Passie hê vir verhoudingsbou en om by lidmate sowel as nie-lidmate te kuier;
- Gemeenskapswerk lê naby aan ons hart en is ’n uitdaging;
- ’n Missionale gerigtheid as rigtingwyser te wees.
Vergoeding en voordele:
- Die traktement sal tot en met Kerf 5 met diensvoordele onderhandel word.
- ’n Ruim pastorie wat ten volle gemeubileerd is;
- ’n Gemeentebakkie en brandstof;
- Telefoon- en selfoonsubsidie sowel as internetgebruik.
Aansoek:
Indien u belangstel om deel te word van die familie stuur die volgende aan ons:
- U CV van hoogstens drie bladsye met ’n onlangse foto.
- Enige persoonlikheidsontledings bv. MBTI, Strength Finders, ens.
- Drie referente.
- Stuur aansoeke na: ngkbrandvlei@hantam.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 17 Mei 2019.
Diensaanvaarding:
So spoedig moontlik of soos met kerkraad onderhandel word.
Navrae:
- Kontak ds Rudi Janse van Vuuren by 084 549 9153.
Die kerkraad behou die reg voor om nie noodwendig ’n aanstelling uit die beskikbare aansoekers te maak nie.
