Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Groblershoop

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Deeltydse/Verminder ure leraarspos (Vastetermynkontrak)
Sluitingsdatum: Maandag, 8 Julie 2019, om 17:00.

Gemeenteprofiel:

Groblershoop NG gemeente is ’n plattelandse gemeente in die Noord-Kaap met 225 belydende en 70 dooplidmate. Die mediaan ouderdom van die belydende lidmate is 50 jaar. Die gemeente word saamgestel uit dorpswyke sowel as buite / plaaswyke. Die boerdery-aktiwiteite word saamgestel deur besproeiing uit die Oranjerivier (hoofsaaklik wingerd / pekanneute / wisselbou) asook veeboerderye. Dit maak afstande relatief groot met die verste besoekpunt ongeveer 85 km.

Leraarsprofiel:

Twee opsies vir leraar:

a. Emeritusleraar onder die ouderdom van 70 wat steeds ’n passie vir die bediening het.
b. Leraar wat bereid is om vir verlaagde vergoeding te werk met ’n beperkte ure-pos en
dan sy salaris aan te vul in ander ure in en om Groblershoop.
Verder word die volgende van die leraar verwag:

  • Menseverhoudinge bou en onderhou, ook deur huisbesoek en ander besoeke.
  • Help met oprigting van kleingroepe.
  • Dinamiese en skrifgetroue prediking met verkieslike gebruik van multimedia.
  • Fokus area van jongmense tussen ouderdom 18-35 wat kerklos geraak het.
  • Aanvoeling vir geestelike versorging van ouer lidmate.
  • Help lidmate om hulle gawes te ontdek en aktief uit te leef in die gemeente.

Praktiese reëlings:

Ruim pastorie is beskikbaar vir verblyf teenaan die kerkgebou.

Vergoeding:

Sal met die suksesvolle kandidaat beding word, aangepas by verminderde ure.

Aansoeke:

Aansoeke (bestaande uit ’n volledige CV met besonderhede van drie referente) moet per e-pos gerig word aan die NG gemeente Groblershoop by ngkgroblershoop@lantic.net

Sluitingsdatum: Maandag 8 Julie 2019 om 17:00.

Aansoekers wat die kortlys haal, sal gekontak word vir ’n onderhoud. Navrae kan gerig word aan ouderlinge Wilco Fourie by 082 789 6207 of Petrus Struwig 083 454 4868.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.