Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Kempton-Kruin

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Jeugwerkerspos
Sluitingsdatum: 25 Oktober 2019


Kempton-Kruin is ’n makrogemeente wat bestaan uit 3 891 belydende en 1 343 dooplidmate en is geleë in Glen Marais, Kemptonpark en bied ’n jeugwerkerspos aan wat spesifiek gerig is op die volgende fokus areas:

  1. Kinderbediening.
  2. Tienerbediening.
  3. Selgroep vir jongmense.
  4. Belydeniskampe in samewerking met leraar.
  5. Skolebediening in samewerking met leraar.

Die geskikte kandidaat moet oor die volgende karaktereienskappe beskik:

  • Passie vir kinders en jongmense hê en om die evangelie met hulle te deel.
  • Entoesiasties en gemotiveerd.
  • Kreatief.
  • Integriteit.
  • Positiewe gesindheid.

Die geskikte kandidaat moet oor die volgende vaardighede beskik:

  • Motiveringsvermoë.
  • Interpersoonlike vaardighede (Interne en Ekstern).
  • Menseverhoudings wat gefokus is op spanwerk.
  • Vermoë om mense vriendelik en professioneel te hanteer.
  • Kommunikasievermoë (Openbare optrede, geskrewe en mondelings).
  • Sterk beplannings-, organisasie- en koördineringsvaardighede.
  • Moet goed onderlê wees in die MS-office produkte soos Word, Powerpoint en Excel.
  • Administratiewe vaardigheid

Die geskikte kandidaat moet ook verder oor die volgende vereistes beskik:

  • Relevante naskoolse kwalifikasie.

Die verantwoordelikhede van hierdie pos is:

  • ’n Volledige pligtestaat is by die kerkkantoor beskikbaar.

Vanweë die aard van die pos is die bepaling van vaste diensure nie moontlik nie, maar daar word van die kandidaat verwag om 45 ure per week te werk. Aangesien die spitstye van die pos se verantwoordelikhede oor naweke en in die aande val, word die nodige ure op ’n skiktyds-grondslag gewerk.

Vergoeding sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.

Navrae:

  • Dr Schalk Basson – 082 775 6269.
  • Ds Michelle van Tonder – 083 649 8301.

Aansoeke:

Rig aansoeke aan die Gemeentebestuurder by bestuur@kruin-kerk.co.za
Aansoeke moet vergesel wees van ’n bondige CV (nie langer nie as drie bladsye) en drie
relevante referente.
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en aanbieding indien daartoe versoek.
Die gemeenteraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Sluitingsdatum: 25 Oktober 2019.

Diensaanvaarding: 1 November 2019 of so sou doenlik daarna.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.