Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die kerkraad van NG Kerk Kuruman wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos.
Vakature: Leraarspos – voltyds
Sluitingsdatum: 13 Januarie 2020
Gemeenteprofiel:
NG Moedergemeente Kuruman is ’n tradisionele, plattelandse gemeente in die Noord-Kaap met 582 belydende en 133 dooplidmate, waarvan die meerderheid belydende lidmate bo 46 jaar oud is. Ons behoefte is dat alle ouderdomme ewe entoesiasties bedien moet word. Ons gemeente is oop vir vernuwing en missionale groei. Ons gemeente bestaan uit ’n boere-, sake- en mynbougemeenskap. Ons het twee plaaswyke (verste wyk 180 km) wat een keer per maand bedien word.
Leraarsprofiel:
- Minimum vyf jaar bedieningservaring;
- Passievol oor die erediens en aanbieding daarvan;
- Pastorale versorging is baie belangrik;
- Beskik oor leierseienskappe om gemeente in alle fasette (erediens, kategese, Bybelstudie, gemeente-aktiwiteite (basaar, kommissies) te laat groei;
- Beskik oor samewerkingsvermoë ten einde groei te bewerkstellig in gemeente, gemeenskap en ring;
- Liefde vir musiek en sang sal voordelig wees (voorsang/Kerssangdiens is vir ons baie spesiaal;
- VBO-punte moet op datum wees.
Pligte:
- Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
Vergoeding en voordele:
- Onderhandelbaar, met sinodale skaal as riglyn.
- Drieslaapkamer-pastorie met munisipale toelaag, telefoontoelaag.
Aansoek:
E-pos volledige CV met minstens drie referente voor 13 Januarie 2020 na die kerkkantoor: ngkur@xsinet.co.za
Diensaanvaarding: 1 April 2020 (of soos onderhandel).
Navrae:
- Erika Ekkerd (Skriba) 053 712 0657
- Carl Derks (Voorsitter pre-advieskommissie) 083 625 1067, carl@e-cat.co.za
- Ds Neeltjé van Staden (predikant) 082 750 5164, neeltjevanstaden@gmail.com
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
