Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse medeleraar
Sluitingsdatum: 20 Januarie 2020
GEMEENTEPROFIEL:
Rooihuiskraal is ’n voorstedelike gemeente binne Centurion en bestaan tans uit 1 629 lidmate, waarvan ongeveer 65% binne die tipiese ekonomies-aktiewe ouderdomsgroep val. Die gemeente se roeping is om ’n baken van hoop te wees. Die bedieninge, in al die verskillende vorme wat dit aanneem, se fokus is dus daarop gerig om die hoop van Christus tasbaar en prakties te laat grondvat in die gemeente, in die groter gemeenskap van Centurion, en tot op die uithoeke van die aarde. Die gemeente word tans deur twee voltydse leraars bedien, maar een leraar tree af met pensioen op 31 Desember 2019.
LERAARSPROFIEL:
- Die kandidaat moet ’n lidmaat van die NG Kerk wees en moet die visie van die gemeente ten volle kan uitleef. Ons nooi alle gelegitimeerdes en/of studente om aansoek te doen.
- Hy of sy sal benewens Artikel 9 van die Kerkorde ten volle as medeleraar en vennoot van die huidige leraar dien.
- Die persoon sal as leier in spanverband werk, sal as geestelike mentor vir ’n aantal bedienings optree en omsien na dinamiese uitvoering van die gemeente se beplanning, koördinering en doelwitte.
VERGOEDING:
- Onderhandelbaar met sinodale skaal (vlak 1 of vlak 2 maksimum) as riglyn.
- Die pos sal aanvanklik vir drie jaar geldig wees en mag daarna hernu of beëindig word.
- Normale voordele en toelaes soos aanbeveel deur die sinode is van toepassing.
- Behuising: huur- of subsidie-opsie is van toepassing.
AANSOEKE:
- Aansoeke moet vergesel word van ’n CV nie langer as vier bladsye nie, sowel as ’n ingevulde vraelys wat by die onderstaande e-posadres verkry moet word.
- Sluitingsdatum vir aansoeke is voor of op 20 Januarie 2020.
- Kandidate mag onderhewig wees aan die aflê van psigometriese toetse.
NAVRAE:
Karin Smit, 012 661 1089. E-pos: rhk.jeug@mweb.co.za
Dit staan die kerkraad vry om volgens behoefte en diskresie aan te stel al dan nie.
