Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraar met fokus: Jeug 50%-pos met groeipotensiaal
Sluitingsdatum: 15 Desember 2019
Mootvallei is ’n missionale gemeente. Ons visie is: ’n Tuiste vir al God se kinders
Die gemeente is geleë in Mayville (Moot), Pretoria en is agt jaar oud.
LERAARSPROFIEL:
Die volgende vereistes is van besondere belang met die oog op ’n beroep:
- Die leraar is iemand met ’n lewende, persoonlike verhouding met God-drieënig en leef dit ook uit.
- Sterk persoonlikheid, energiek en in staat om sterk te lei.
- Het goeie menseverhoudings (jeug en ouer lidmate) en kan in ’n spanverband werk.
- Fokus om jeug se ledetal te verhoog aangesien daar 17 hoër- en laerskole, voor- en naskole in die omgewing is.
- Dinamies en kan bronne ontgin en netwerke met skole in die omtrek bou en behou.
- Kan veral jong mense (tot ouderdom 40) pastoraal versorg.
Vergoeding:
Die totale vergoedingspakket sal onderhandel word. Geen behuising word voorsien nie.
Aansoeke:
Aansoeke bestaande uit ’n volledige CV, met besonderhede van ten minste drie opvolgbare verwysings moet per e-pos gerig word aan: NG gemeente Mootvallei by kerkkantoor@ngmootvallei.co.za, sowel as aan janbotha1102@gmail.com en aan monicapretorius11@gmail.com
Sluitingsdatum: 15 Desember 2019 vir diensaanvaarding op 1 Maart 2020 of so spoedig moontlik.
Aansoekers wat die kortlys haal, sal gekontak word vir ’n onderhoud. Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n preekbeurt.
Navrae kan gerig word aan die kerkkantoor (012 335 1106), dr Jan Botha (076 481 5683 of 012 546 5645) of Monica Pretorius (072 797 9507).
Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling te maak uit die aansoeke ontvang nie.
