Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Gemeente Bethlehem-Oos

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Voltydse medeleraar
Sluitingsdatum: 12 Maart 2020


GEMEENTEPROFIEL

Bethlehem-Oos is ’n dinamiese gemeente in die Oos-Vrystaat. Tans word 899 lidmate waarvan 183 dooplidmate is, bedien. Die gemeente funksioneer sterk vanuit die erediens­te met die fokus op lof en aanbidding. Hierdie is ’n volwaardige/selfstandige medele­raarspos. Bethlehem beskik oor ongelooflike skole sowel as baie goeie mediese fasiliteite (MediClinic/Corona).

LERAARSPROFIEL

  • ’n Passie vir die Here, sy koninkryk en kerk met spesifieke fokus om die jeug te inspireer, te mobiliseer en toe te rus.
  • Teologies-verantwoordbaar en ’n dinamiese prediker.
  • Meewerk aan die uitbou van die gemeente se roeping en die jeug kan bemagtig.
  • 35 jaar of jonger, maar dit sal nie die aansoek beïnvloed nie.

VERANTWOORDELIKHEDE

  • Die jeug wissel van 0 tot 35 jaar. Verantwoordelikhede sal insluit die kinderkerk, kategese vir laer- en hoëskoolkinders en naskoolse bediening aan jong volwassenes.
  • ’n Aangename persoonlikheid wat goed in spanverband kan saamwerk en goeie verhoudinge nastreef.
  • Moet musiekbediening kan uitbrei en die speel van ’n instrument sal voorkeur geniet.
  • Die ontwikkeling van ’n familiebediening waar die totale gesin belangrik is.
  • Die uitbou van jong volwasse omgeegroepe en jonger mense.
  • Die ontwerp en implementering van volhoubare strukture waarbinne die jeugbediening kan plaasvind.
  • Optimale kontak met skole in Bethlehem ten einde goeie verhoudinge asook netwerke tussen die gemeente en skole te vestig en uit te brei.
  • Gelegitimeerdes van die NG Kerk wat alle ampspligte sal nakom soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde as riglyn.
  • Iemand wat verhoudings kan bou met lidmate.

VERGOEDING

  • Onderhandelbaar met die sinodale skaal as riglyn.
  • Pastorie is beskikbaar. (Behuising kan bespreek word).

DIENSAANVAARDING

  • 1 September 2020 of soos ooreengekom.

AANSOEKPROSES

Belangstellendes moet asseblief die volgende elektronies aan ons voorsien:

  • ’n CV (nie langer as drie bladsye nie).
  • Kontakbesonderhede van vier referente.
  • Motivering vir u aansoek vir die pos (halwe bladsy).
  • ’n Onlangse foto van uself/gesin/familiefoto.
  • ’n Afskrif van u ID.
  • ’n Psigometriese toets sal aangevra word (indien oor een beskik – voorsien asb).
  • Navrae moet asb aan die kerkkantoor gerig word – Vir aandag: Voorsitter van Leiersgroep.

Alta Smit – 058 303 4583 (Sakebestuurder).
Abraham van Heerden 082 740 2404 (Voorsitter).
E-pos: skriba@ngkoos.co.za
Adres: Posbus 497, Bethlehem 9700

SLUITINGSDATUM: 12 Maart 2020.

  • Kandidaat moet tot ’n onderhoud bereid wees soos met hom/haar gereël.

Die leiersgroep behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.