Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Leraarspos
Sluitingsdatum: Vrydag 20 Maart 2020
NG gemeente Blouberg is ’n klein plattelandse boerderygemeente geleë in die Noordelike Bosveld, aangrensend teen Botswana en Zimbabwe, 150 km noord van Polokwane. Boerdery sluit groenteverbouing, bees- en wildboerdery in en daar is ook ’n diamantmyn in die gemeente. Die gemeente beskik oor twee kerkgeboue op Alldays en Vivo (48 km afstand). Die pastorie is op Alldays. ’n CVO-skool op Vivo maak voorsiening vir voorskoolse, laerskool- en hoërskoolkinders met busvervoer vanaf Alldays. Die dorpies Alldays en Vivo beskik oor goeie infrastruktuur in terme van besighede, winkels, dokters, selfoonnetwerke en polisiediens. Die aantal belydende lidmate is 186, en daar is 80 dooplidmate waarvan 65 skoolgaande ouderdom is. Die huidige leraar emeriteer op 30 Junie 2020.
Leraarsprofiel:
- Skrifgetroue, gereformeerde prediking.
- Goeie interpersoonlike vaardighede.
- ’n Hart vir die platteland en ’n boerderyomgewing.
- Aanpasbaar en gemaklik met alle generasies.
- Begrip vir konserwatiewe en behoudende gemeenskap.
- Diensgerigte bedieningstyl.
Verantwoordelikhede:
- Ampspligte soos omskryf in Artikel 9 van die kerkorde, maar nie daartoe beperk nie.
Vergoeding en voordele:
- Vergoeding is onderhandelbaar tot ’n maksimum van skaal 5 volgens die riglyne van die Algemene Taakspan Predikantesake.
- Reiskoste en ander toelaes word betaal.
- ’n Ruim pastorie met betaalde munisipale dienste en ’n tuin wat deur die kerkraad onderhou word.
Voornemende kandidate:
- Leraars met bedieningsondervinding word uitgenooi om ’n CV (nie langer as twee bladsye nie) met persoonlike inligting, kwalifikasies en beroepsondervinding, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente te stuur aan: Die Pre-advieskommissie (ngblouk@gmail.com). Heg ook ’n afskrif van ID aan, asook ’n onlangse foto en/of familiefoto.
- Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurte wat in Maart, April en Mei geskeduleer word.
Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag 20 Maart 2020.
Diensaanvaarding: Datum onderhandelbaar vir Augustus/September 2020.
Navrae:
- André van den Heever (Leieroudl Vivo) 082 852 3912
- Pieter le Roux (Leieroudl Alldays) 083 255 0061
- Bertus Badenhorst (huidige leraar) 084 984 1742
- Yolandi Bosch (Saakgelastigde) 084 405 6310
Die kerkraad behou hom die reg voor om, sonder opgaaf van redes, geen aanstelling te maak uit die aansoeke ontvang nie.
