Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Koppies-Weltevrede

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraarspos
Sluitingsdatum: Sondag 8 Maart 2020


1. GEMEENTEPROFIEL:

NG gemeente Koppies-Weltevrede is een van twee gemeentes wat die boerderygemeenskap van Koppies bedien. Daar is ongeveer 190 belydende lidmate, 52 dooplidmate en bestaan uit ses plaaswyke en drie dorpswyke. Koppies is 65 km noord van Kroonstad geleë. Die gemeente is daarop ingestel om die wil van God te soek en lê baie klem op gebed. Daar word ook baie moeite gedoen om die Woord buite gemeentegrense uit te dra dmv CD- en DVD-verkope, en die elektroniese media te benut. Die gemeente hou ook ’n jaarlikse Paaskonferensie. Daar is ook ’n sterk sendingbediening wat plaaslik en na buite opereer. Hoewel die meeste kinders in naburige dorpe skoolgaan, is die geestelike ver­sorging van ons kinders baie belangrik.

2. LERAARSPROFIEL:

  • Gelegitimeerdes van die NG Kerk wat bereid is om die koninkryk van God bo alles te stel.
  • Skrifgetroue en behoudende Woordverkondiging is ononderhandelbaar.
  • Iemand wat baie tyd met God deurbring en fokus op die leiding van die Heilige Gees.
  • ’n Passie vir herlewing en die bekering van ongelowiges.
  • Aktief betrokke by die geestelike versorging van die gemeente, maar dit ook geniet om net lekker te kuier.
  • Bereidheid om ’n pad met die jongmense van die gemeente te stap.

3. AARD VAN DIE POS:

  • ’n Voltydse leraarspos met pligte soos in Art 9 van die Kerkorde.
  • Vergoeding volgens sinodale riglyne.
  • Pastorie word voorsien.
  • Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n preekbeurt en ’n onderhoud indien nodig.

4. SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: Sondag 8 Maart 2020.

Rig u aansoek en CV (met drie verwysings) per e-pos aan ngweltevrede@carfone.net.
Vir enige navrae kontak vir Linda Beukes in die kerkkantoor (08:00 tot 12:00) by 064 783 2948, of vir ds Braam van Zyl (konsulent) by 082 821 6677, of Frans Jooste by 082 922 6420.

Die kerkraad behou die reg voor om geen aanstelling uit die aansoekers te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.