Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeentes Hartswater en Noorderharts

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Die NG gemeente Hartswater en die NG gemeente Noorderharts stel hiermee gesamentlik die volgende bekend:

Vakature: Jeugleraar: Vastetermynpos vir 3 jaar
Sluitingsdatum vir aansoeke is voor of op 28 Februarie 2020


Gemeenteprofiel:

Hartswater en Noorderharts gemeentes het ’n samewerkingsooreenkoms gesluit en be­roep saam ’n leraar wat beide gemeentes sal bedien. Die twee gemeentes is 15 km van mekaar geleë en funksioneer onafhanklik, terwyl die koördinering van die twee gemeentes se werksaamhede nie uitgesluit is nie. Die bediening sal op ’n 50/50 basis tussen die twee gemeentes plaasvind. In Hartswater sal die fokus grotendeels op die skoolgaande jeug, naskoolse jeug en gesinne gefokus wees. In Noorderharts sal die fokus meer op die breëspektrum van algemene gemeentebediening wees. In Noorderharts sal die kandidaat die primêre leraar wees en in Hartswater sal die kandidaat saam met die huidige leraar werk. Die gemeentes is tipiese plattelandse gemeentes met ’n redelike groot jeugkomponent.

Leraarsprofiel:

Die geskikte kandidaat moet

  • ’n Lewende, persoonlike verhouding met God-drieënig uitleef.
  • Sterk persoonlikheid, energiek en in staat om sterk te lei.
  • Goeie menseverhoudings (jeug en ouer lidmate) en in ’n spanverband kan werk.
  • Dinamies wees en bronne kan ontgin om bestaande jeug te kan motiveer en ondersteun.
  • ’n Sterk aanvoeling vir jeug, jong mense en jong gesinne hê.

Vergoeding:

Die vergoeding beloop R400 000,00 per jaar vir die totale pakket, met ’n jaarlikse eskalasie soos deur die Sinode van Noord-Kaapland bepaal.

Aansoeke:

  • Aansoeke moet vergesel word van ’n CV (nie langer as vier bladsye nie), met dekbrief waarin die motivering vir die aansoek uiteengesit moet word.
  • Kontakbesonderhede van twee referente.
  • Sluitingsdatum vir aansoeke is voor of op 28 Februarie 2020.
  • Diensaanvaarding 1 April 2020 of so gou moontlik daarna.
  • CV’s moet asb aan albei gemeentes se kerkkantore gestuur word: noorderharts@gmail.com en hartswaterngkerk@telkomsa.net

Navrae kan gerig word aan:

  • Noorderharts kerkkantoor 053 471 0028 (Anneke)
  • Andries Zandberg 082 809 4372 (Leierouderling NG Noorderharts)
  • Hartswater kerkkantoor 082 948 2609 (Elize)
  • Ds Martin Coetzer 083 264 2722 (Konsulent van Noorderharts)
  • Rapie Visser 082 948 2666 (Leierouderling NG Hartswater)

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.