Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraar
Sluitingsdatum: Vrydag 5 Maart 2020
Die kerkraad van die NG gemeente Amersfoort wag tans aansoeke in met die oog op die vul van bogenoemde pos.
Gemeenteprofiel:
Amersfoort is ’n klein plattelandse gemeenskap in Mpumalanga geleë op die N11 tussen Ermelo en Volksrust. Die gemeente is in 1867 gestig. Dit bestaan uit dorpswyke en plaaswyke. Daar is tans 225 belydende en 38 dooplidmate in die gemeente.
Leraarsprofiel:
Die suksesvolle kandidaat moet ’n gelegitimeerde wees in die NG Kerk, op die platteland kan aanpas en werk, en goeie verhoudings kan bou met jong sowel as ouer mense. Hy of sy moet ’n goeie spanwerker wees met leierseienskappe. Huisbesoek en pastorale besoeke is ’n prioriteit. Die leraar moet ’n aanvoeling hê vir vernuwende en Woordgetroue prediking. Pligte moet uitgevoer word volgens Artikel 9 van die Kerkorde asook soos vervat in die ooreengekome diensooreenkoms.
Vergoeding:
Onderhandelbare pakket volgens sinodale riglyne, beginskaal kerf 1 tot 6, insluitend mediese en pensioensubsidie, reiskoste, verlof, elektrisiteit, water, telefoon en internetdienste. Gratis behuising.
Aansoeke:
Aansoeke moet vergesel wees van ’n kort CV en die kontakbesonderhede van drie referente. Indien die pre-advieskomitee ’n onderhoud verlang moet die kandidaat daartoe beskikbaar wees.
Rig aansoeke aan: Die Pre-advieskomitee: e-pos: ngkamersfoort@gmail.com
Sluitingsdatum: Vrydag 5 Maart 2020 vir diensaanvaarding op 1 Mei 2020.
Navrae:
- Dr Kobus Gerber (Interimbegeleier) – 082 895 5680.
- Helgaard Muller (Leierouderling) – 082 857 6219.
- Elize Coetzer (Saakgelastigde) – 084 512 9768.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n beroep uit te bring nie.
