Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG gemeente Utrecht

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Termynbepaalde leraarspos
Sluitingsdatum: 8 April 2020


Utrecht is ’n plattelandse dorp geleë in die Noordweste van KwaZulu-Natal, 50 km vanaf Newcastle op die pad na Vryheid. Die gemeente is tipies plattelands, maar het ’n ryke geskiedenis wat oor 166 jaar strek. Die pragtige groot klipkerk is ’n historiese monument.

Die gemeente het 182 belydende en 50 dooplidmate. Daar is altesaam 127 besoekpunte waarvan 22 plase (hoofsaaklik bees-, skaap- en saaiboerderye) is. Die gemeente bestaan hoofsaaklik uit middeljarige en ouer belydende lidmate.

Die visie van die gemeente is: “Vir ons is die lewe Christus”.

Die gemeente beskik tans oor ’n vakature vir ’n termynbepaalde leraarspos as gevolg van ons vorige leraar wat beroep is.

LERAARSPROFIEL:

In biddende afhanklikheid nooi die kerkraad van die NG gemeente Utrecht, alle gelegitimeerde proponente en predikante van die NG Kerk, verkieslik 50 jaar en jonger, uit om aansoek te doen vir die vakature. Hy/sy moet (met Kerkorde, Artikel 9 as grondslag):

  • die evangelie met vreugde, erns, opregtheid en vrymoedigheid verkondig;
  • gemaklik wees in die alledaagse omgang, met ’n gevoelige hart vir mense in verskillende lewenstadiums (kinders tot bejaardes) en in hulle omstandighede;
  • toerusting vir die kerkraad en gemeente bied;
  • moeite doen om mense pastoraal by te staan en tuis te besoek;
  • met ander kan saamwerk, saam beplan en met entoesiasme die gemeente help opbou;
  • ABR geregistreer wees (bewys van ABR-lidmaatskap moet gelewer word).

DIENSTERMYN: ’n Termynbepaalde pos van drie jaar.

VERGOEDING: Die totale koste vir indiensneming (TKVI) is R350 000,00 per jaar met gratis behuising, met ’n ruim pastorie. Die pakket kan in ooreenstemming met die kerkraad volgens behoefte gestruktureer word.

AANSOEKE:

Aansoek moet vergesel wees van ’n CV van nie langer as vier bladsye met die name van drie referente.

Sluitingsdatum: 8 April 2020.

Diensaanvaarding: 1 Junie 2020 of so gou moontlik daarna.

Aansoekers moet beskikbaar wees vir ’n moontlike (Skype-) onderhoud.

NAVRAE: Kerkkantoor: Ma, Wo en Vr 09:00-12:00). Me Felecia Potgieter (skriba), tel 034 331 3377, e-pos ngkutr@gmail.com
Gerhard Potgieter (Leierouderling): 082 924 2379.
Johnny Hudson (Voors Steunstelsels): 083 327 1196.


Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoekers te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.