Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Sing Missionaal

In die hart van Paasfees lê Jesus se selfopofferende liefde. Dit is die voorbeeld waarmee Hy sy kerk die wêreld in stuur. Hiervan sing die gebed van Franciskus van Assisi in Lied 284:

1.
Laat, Heer, u vrede deur my vloei … 
waar haat is laat ek daar u liefde bring.
Laat ek in pyn en smart vertroostend wees
en krag gee deur geloof in U, o Heer.

Refrein
O Heer, help my om altyd so te leef –
om ander hoër as myself te ag,
ja, om lief te hê – ander bo myself –
en ook eerder te gee as te verwag

2.
Laat, Heer u vrede deur my vloei 
en laat ek hoop gee waar daar twyfel is.
Ek wil u lig in duisternis laat skyn.
Laat ware vreugde altyd uit my straal.

Refrein
O Heer, help my om altyd so te leef –
om ander hoër as myself te ag,
ja, om lief te hê – ander bo myself – 
en ook eerder te gee as te verwag

3.
Laat, Heer, u vrede deur my vloei …
leer my om ook soos U te kan vergeef.
Maak my bereid om aan myself te sterf,
dat ander U al meer in my kan sien.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top