Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

“Selfs met soveel jaar se ervaring in die sorg vir diegene sonder heenkome, maak ’n pandemie soos die Koronavirus dit uiters moeilik vir ons om ons roeping uit te voer.” - Leona Pienaar, uitvoerende hoof: MES

Koronavirus bring ook groot besluite vir dié wat haweloses bedien

Met ’n hawelose bevolking van soveel as 100 000 in die groter Johannesburg, is die taak om die impak van die Koronavirus te probeer beperk ’n reuse-uitdaging vir spesialisorganisasies soos MES.

“Selfs met soveel jaar se ervaring in die sorg vir diegene sonder heenkome, maak ’n pandemie soos die Koronavirus dit uiters moeilik vir ons om ons roeping uit te voer,” het Leona Pienaar, uitvoerende hoof van dié bekende nasionale middestadbedieningsorganisasie luidens ’n persverklaring gesê.

Lees ook: Geloofs­knegte in Hillbrow

“The Coronavirus will have a far-reaching impact on all of us, especially on those who are poor and destitute. MES is concerned with this impact and on what can be done to protect and educate the homeless community about Covid-19,” het Pienaar gesê in ’n verklaring wat onder meer by www.mes.org.za om donasies en ondersteuning van die publiek vra.

Pienaar glo die nieregeringsorganisasie se rol sal van kritieke belang wees in die dae wat vir Suid-Afrika voorlê. Haar span se doelwit is, onder meer “om die mees weerloses se immuunstelsel hoog te hou,” volgens een van 13 maatreëls wat aangebring is in die lig van die gesondheidsuitdaging.

MES se netwerk van hawelosesentrums sal poog om samedromming waar moontlik te vermy. “We will continue to provide nutritious meals served at the MES canteens under strict hygiene control and we will not have group meetings or discussion groups. Groups will be managed in smaller units of less than 20 at different intervals,” volgens die MES-verklaring.

 

 

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top