Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Victoria-Wes

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Termynbepaalde leraarspos
Sluitingsdatum: 7 September 2020


Gemeenteprofiel:

  • Victoria-Wes is ’n plattelandse dorp, geleë in die Noord-Kaap, maar resorteer onder die Sinode van Wes-Kaap.
  • Ekonomie: boerdery, besighede en toerismebedryf.
  • Lidmate: 320 belydende en 60 dooplidmate, georganiseer in vyf plaas- en vyf dorpswyke.
  • Samestelling: Goeie verspreiding van lidmate oor die hele ouderdomspektrum.
  • Die gemeente wil graag kerk wees op voetspoor van Jesus!

Leraarsprofiel:

Die suksesvolle kandidaat:

  • Moet op die platteland kan aanpas en werk.
  • Het bedieningsvaardighede oor die hele ouderdomspektrum.
  • Moet ’n goeie spanwerker wees met leiereienskappe.
  • Huis- en pastorale besoeke is ’n prioriteit.
  • Het ’n aanvoeling vir vernuwende en Woordgetroue prediking.
  • Is ’n bouer van liefdevolle omgeeverhoudings.
  • Het ’n hart vir die ekumene.
  • Is ’n energieke motiveerder.
  • Vaardig met digitale media.

Vergoedingspakket:

  • Onderhandelbaar volgens sinodale skaal tot ’n maksimum Kerf 8.
  • Hierdie is ’n vaste termynbepaalde pos van drie jaar.
  • Indien dit tot voordeel van die gemeente en leraar strek, en binne die vermoë van die gemeente is, kan die termyn verleng word.
  • Ruim pastorie.

Aansoeke:

  • Stuur CV met minstens drie referente aan die skriba.
  • ’n Vraelys is op navraag by die skriba beskikbaar en moet saam met die CV ingestuur word.
  • Kandidate wat die kortlys haal, moet tussen 10 en 14 September vir ’n onderhoud beskikbaar wees (indien enigsins moontlik, persoonlik).
  • Sluitingsdatum: 7 September 2020, 09:00.

Navrae:


Die kerkraad behou hom die reg voor om nie ’n beroep uit te bring nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.