Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Voltydse leraarspos
Sluitingsdatum: 14 September 2020
Die kerkraad van die NG gemeente van Riviersonderend wag in afhanklikheid aansoeke in vir bogenoemde pos.
GEMEENTEPROFIEL
Riviersonderend is ’n plattelandse landbougemeenskap in die hartjie van die Overberg met tans 379 belydende en 59 dooplidmate. Die gemeente bestaan uit vier dorps- en vier plaaswyke asook die Overberg Tehuis vir bejaardes. Daar is ’n goeie verspreiding van lidmate oor die hele ouderdomspektrum. Talle jongmense het hulle die laaste paar jaar hier kom vestig.
ONS VISIE
Ons wil God se lewegewende water wees wat vloei na alle mense.
LERAARSPROFIEL
Die nakom van alle ampspligte volgens Artikel 9 van die Kerkorde.
Ons nooi graag iemand wat vir ons gemeente ’n herder en leraar sal wees en geroepe voel om ons met deernis en liefde te inspireer tot ware dissipelskap sodat ons in alles God se wil sal soek, ken en doen.
VERGOEDING
- Salarispakket volgens sinodale skaal as riglyn.
- Ruim pastorie beskikbaar by die kerkgebou.
AANSOEKE
- Belangstellendes word uitgenooi om ’n volledige CV asook kontakbesonderhede van
drie referente te stuur aan die skriba by: ngrse@twk.co.za - Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en moontlik ’n preekbeurt.
- Sluitingsdatum: 14 September 2020.
NAVRAE
- Daleen van der Merwe (skriba) 028 261 1207 / 083 355 8522.
Die kerkraad behou die reg om nie ’n beroep uit te bring nie.
