Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Voltydse leraarspos
Sluitingsdatum: 6 November 2020
In biddende afhanklikheid van die Here adverteer ons die pos van voltydse leraar.
Vereistes:
- Uitleef van die visie en waardes van die gemeente: “Leef met ’n passie vir God en ’n hart vir mense en ’n wêreld in nood” (leerbaarheid; gasvryheid; deernis en vertroue).
- Gelegitimeerde predikant van die NG of VG Kerk jonger as 35 jaar. (5-10 jaar bedieningservaring).
- Geloofs- en emosionele volwasse persoon.
- Vermoë om in ’n span te kan saamwerk.
- Vermoë om goeie verhoudinge te kan bou.
- Sterk passie en aanvoeling vir gesinne en families.
- Goeie kommunikeerder.
- Kreatiewe en innoverende denke oor bediening.
- Verwag dat persoon in die bedieningsarea van die gemeente woonagtig sal wees.
Aanlyn aansoekvorm: www.nghelder.co.za of https://forms.gle/XpTGTR5wR7fmTNvX7
Vergoeding: Pakket, in lyn met sinodale riglyn, op aanvraag beskikbaar (Huissubsidie ingesluit).
Sluitingsdatum: 6 November 2020.
Diensaanvaarding: 1e Kwartaal 2021.
Navrae:
- Andre Westraat (082 339 7851 of westraat@mweb.co.za)
- Ds Danie ’O Kennedy (083 375 8441 of danieok@nghelder.co.za)
Die gemeente behou haar die reg voor om ’n beroeping uit te bring.
Geborg
