Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Middelburg-Karoo

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraarspos (Onbepaalde termyn)
Sluitingsdatum: Maandag 14 Desember 2020 om 16:00


Gemeenteprofiel:

Middelburg-Karoo is ’n plattelandse gemeente in die Oos-Kaap met sowat 470 belydende en 80 dooplidmate ingedeel in 14 dorps- en vyf plaaswyke. Die dorp beskik oor ’n hoër- en laerskool, sowel as ’n landboukollege.

Sien www.ngkok.co.za/gemeentes/mk/mkprofiel.docx vir ’n meer volledige profiel.

Leraarprofiel:

Die leraar is ’n entrepreneur en implementeer ’n groeistrategie vir die gemeente, wat insluit: onaktiewe lidmate, geestelike groei, nuwe geloofsgemeenskap oor huidige gemeentegrense, die insluit van jongmense en skoolkinders en die bediening aan seniors; ’n goeie luisteraar met ’n fasiliterende styl van leierskap wat lidmate mobiliseer, bemagtig en verenig om hulle gawes in die bedieninge van die gemeente uit te leef. Netwerkvorming met rolspelers in die gemeenskap is ’n prioriteit.

Pligte: Basiese leraarspligte soos ooreengekom met die gemeenteraad.

Vergoeding en voordele: Volgens die traktement van die NG Kerk. Ruim pastorie met diens­te, kommunikasietoelaag en voertuig vir gemeentewerk word voorsien.

Aansoeke:

Rig aan die gemeenteraad by ngkerkkaroo@gmail.com (Cc: wjolivier71@gmail.com). Die CV (nie langer as vier bladsye is nie) moet vergesel wees van die voltooide vraelys by www.ngkok.co.za/gemeentes/mk/mkvraelys.docx

Kandidate op die kortlys moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud en preekbeurt indien die gemeenteraad dit so vereis.

Sluitingsdatum: Maandag 14 Desember 2020 om 16:00.

Diensaanvaarding: 1 Februarie 2021.

Navrae:


Die gemeenteraad behou die reg voor om nie noodwendig die pos uit enige van die aansoekers of genomineerdes te vul nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.