Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Louwna

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraarspos (*Jaarlikse kontrak)
Sluitingsdatum: 31 Desember 2020


Gemeenteprofiel:

Louwna is ’n klein plattelandse gemeente (70 jaar oud), 70 km noordwes van Vryburg wat sorteer onder die Sinode van Noord-Kaap. Die gemeentesamestelling bestaan uit 88 belydende en 20 dooplidmate. Die meeste lidmate is in die landbousektor betrokke en is versprei oor die hele ouderdomspektrum.

Die suksesvolle kandidaat:

  • Moet begrip hê vir die uitdagings van ’n klein plattelandse gemeente, waar die nodige hulpbronne nie altyd beskikbaar is nie.
  • Oor die bedieningsvaardighede beskik om met alle ouderdomsgroepe te kan werk.
  • Energieke motiveerder wees.
  • Goeie leierskap en spanwerker sal tot u voordeel strek.
  • Plaas- en huisbesoeke is ’n prioriteit.
  • Vergoedingspakket – maandelikse pakket en ure sal onderhandel word soos die Kerkorde dit bepaal.
  • Pastorie met gratis krag en water word voorsien.
  • ’n Bakkie met dieselkaart word voorsien om reisverpligtinge na te kom.
  • Stuur CV met minstens twee referente aan die skriba.
  • Kandidate wat die kortlys haal moet beskikbaar wees vir ’n onderhoud asook ’n proefpreek.
  • Die kerkraad behou diereg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Sluitingsdatum: 31 Desember 2020.

Narae:

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.