Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Leraarspos (Opdrag Gemeenteleier)
Sluitingsdatum: Maandag 8 Maart 2021
GEMEENTEPROFIEL:
Die NG gemeente Jeffreysbaai is ’n gemeente geleë aan die Oos-Kaapse kus. Die gemeente het ongeveer 4 300 belydende en 370 dooplidmate en drie leraars en vier herders. Meer as 50% van die lidmate is pensioenarisse.
LERAARSPROFIEL:
- Die leraar moet in alles wat hy doen in afhanklikheid tot die Here funksioneer.
- Die leraar moet goed kan funksioneer binne verhoudings.
- Die leraar moet die vermoë hê om strategies te dink en ook die strategiese planne uit te voer.
- Die leraar moet in spanverband funksioneer en die vermoë besit om die span saam te neem.
- Die leraar moet ’n passie hê vir die bestuur van die bedryfskant van die gemeente.
- Gemaklik met die gebruik van multimedia en ander sosiale platvorms.
- Dinamiese prediking bly steeds een van die leraar se passies.
POSBESKRYWING:
- Sal aangestel word onder Artikel 9 van die Kerkorde.
- Die leraar se fokus sal wees op:
Strategiese leiding, geestelike leiding, gemeentebestuur, motivering, monitering, kommunikasie.
Ondervinding in hierdie verband sal ’n aanbeveling wees.
VERGOEDINGSPAKKET:
’n Vergoedingspakket word aangebied op grond van die beginsel “totale koste tot werkgewer” wat gebaseer is op sinodale riglyne van die Oos-Kaap.
AANSOEKE:
Aansoek moet die volgende insluit:
- Volledige CV en dekbrief ter motivering waarom u geroepe voel om hierdie taak op te neem.
- Drie referente met kontaknommers.
- Stuur u aansoek na ngkjbaai@gmail.com
- Aansoekers moet beskikbaar wees vir onderhoud.
- Sluitingsdatum: Maandag 8 Maart 2021.
- Diensaanvaarding: 1 Junie 2021 of so gou moontlik daarna.
NAVRAE:
- Leon Mostert: +27 82 556 9488
- Ernie Blignault: +27 82 550 0391
- Leraars:
Ds Janida van der Westhuizen: +27 83 703 2018
Ds D Higgs: +27 82 492 9032
Die gemeenteraad behou die reg voor om nie noodwendig die pos uit enige van die aansoeke te vul nie.
