Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Delmas-Wes

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakante pos: Leraar
Aansoeke sluit: 31 Maart 2021


1. Gemeente profiel:

  • Delmas-Wes is ’n tipiese plattelandse gemeente in Mpumalanga
  • Hoërskool Delmas en die koshuis is bure van die kerk en deel van die bedie­ningsveld.
  • Eloff en Modder-Oos oorde word ook bedien.

Die gemeentevisie is: “God elke dag in almal sigbaar”

2. Leraarsprofiel:

  • Help skep aan ’n kultuur waarin die visie kan realiseer.
  • Leef, lei en werk doelgerig in afhanklikheid van die Here.
  • Skrifgetroue, Geesgeïnspireerde, relevante prediking is ’n hoë prioriteit.
  • Leef in en bou aan goeie verhoudinge binne en buite die gemeente.
  • Bemagtig lidmate.
  • Begryp die uitdagings van ’n plattelandse gemeente waar alle hulpbronne nie beskikbaar is nie.
  • Vaardig om alle ouderdomsgroepe te bedien.
  • Vaardig met die gebruik van multimedia en ander toepaslike sosiale platforms.
  • Goeie kommunikeerder en waardeer wedersydse inspraak van gemeenteleiers.
  • Leef en verkondig ’n koninkryksvisie, waar almal welkom is.

3. Aanstelling:

  • Sal aangestel word onder Artikel 9 van die Kerkorde.
  • Vergoeding is onderhandelbaar binne sinodale riglyne.
  • ’n Ruim pastorie is op die terrein beskikbaar.
  • Die gemeenteraad behou die reg voor, om nie noodwendig die pos uit enige van die aansoeke te vul nie.

4. Aansoeke:

  • Gelegitimeerde predikante met bedieningservaring word genooi om ’n volledige CV met ten minste twee referente/ verwysings voor 31 Maart 2021 te stuur aan: ngdelwes@lantic.net
  • Navrae kan gerig word aan: Felix Treurnich by 082 633 0304 of Barend Kruger by 082 374 6645.
No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.