Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Vastetermynpos (Twee jaar-kontrak)
Sluitingsdatum: Donderdag 1 April 2021
Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van die leraar.
GEMEENTEPROFIEL:
Die NG gemeente Smithfield is ’n plattelandse gemeente, geleë in die Suid-Vrystaat, ongeveer 130 km vanaf Bloemfontein op die N6. Die gemeente bestaan uit 184 belydende en 30 dooplidmate wat verdeel is in vyf plaaswyke en drie dorpswyke.
LERAARSPROFIEL:
Daar word gesoek na ’n persoon wat verkieslik nie ouer as 35 jaar is nie, wat:
- ’n Entoesiastiese verhouding met die Here het;
- Met deernis na mense omsien;
- In ’n span kan saamwerk, asook in die breë gemeenskapslewe betrokke sal wees; en
- Getroud is (maar nie noodwendig nie).
(NOTA: Finalejaar teologiese studente is ook welkom om aansoek te doen, aangesien die aanstelling van ’n leraar eers na afloop van legitimasie van studente sal plaasvind).
VERGOEDING:
Skaal 1 volgens sinodale riglyne.
AANSOEKE:
- Aansoeke moet vergesel word van ’n volledige CV en kontakbesonderhede van ten minste twee verwysings.
- Rig aansoeke aan: Pre-advieskomitee. E- pos: ngsmithfield@gmail.com
SLUITINGSDATUM: Donderdag 1 April 2021.
Kandidate moet beskikbaar wees vir ’n moontlike onderhoud en preekbeurt.
