Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Klerksdorp-Doringkruin

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Medeleraar
Sluitingsdatum: 30 April 2021


Gemeenteprofiel:

NG Doringkruin is ’n makrogemeente in ’n plattelandse stad in Noordwes met meer as 2 500 lidmate (belydend en doop) waarvan 83% in die ouderdomskategorie van 0-59 jaar val. Ten einde optimale geestelike bediening op elke vlak te verseker – en die gemeente se eietydse bedieningstyl te versterk – is ons opgewonde daaroor om ’n derde leraar by ons huidige twee leraars te voeg.

Leraarsprofiel:

  • Moet verkieslik tussen 25 en 35 jaar oud wees.
  • ’n Dinamiese persoon wat tuishoort in ’n vernuwende gemeente.
  • ’n Spanspeler en verhoudingsmens.
  • Beskik oor ’n passie vir dissipelmaking.

Fokusareas van die pos:

  • Hoërskooljeug (13-18 jaar ouderdomsgroep).
  • Jong volwassenes (18-35 jaar ouderdomsgroep).
  • Mannebediening.
  • Dinamiese prediking.
  • Alle ander pligte soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding:

Alles-insluitende pakket met sinodale skaal 5 as riglyn.

Aansoeke:

  • Verskaf ’n volledige CV per e-pos aan kommunikasie@ngdoringkruin.co.za
  • Spesifiseer watter VBO-geleenthede in die afgelope 12 maande bygewoon is.
  • U kan moontlik genooi word vir ’n onderhoud en preekbeurt.
  • Die kerkraad is nie verplig om ’n aanstelling te maak nie.

Navrae:

  • Ds Lombard van Niekerk (Leierleraar): 082 785 7463
  • Me Carlien Mynhardt (Skakelbeampte): 018 468 5002 – Maandag tot Vrydag 08:00 – 13:00.

Sluitingsdatum: 30 April 2021.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.