Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Rant-en-Dal Prisma

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Voltydse medeleraar
Fokus: Jeug- en gesinsbediening
Sluitingsdatum: 30 April 2021


Gemeenteprofiel:

Rant-en-Dal Prisma is ’n voorstedelike gemeente in Krugersdorp met ongeveer 1 300 lidmate, wat bestaan uit 1 000 belydende en 300 dooplidmate. Die gemeente is dinamies, het ’n informele bedieningstyl en stel ’n groot prys op die bediening van jongmense en hulle gesinne. Die gemeente het 2 (twee) leraarsposte, waarvan 1 (een) tans vakant is.

Leraarsprofiel:

  • Moet ’n gelegitimeerde predikant binne die NG Kerk wees.
  • Effektief binne die leefwêreld van jongmense en hulle ouers kan bedien.
  • Die geskikte kandidaat moet goed in spanverband kan saamwerk, energiek, kreatief en vernuwend kan dink.
  • Die persoon sal benewens die normale pligte soos omskryf in Artikel 9 van die kerkorde spesiaal fokus op jeug- en gesinsbediening.

Vergoeding:

  • Onderhandelbaar volgens sinodale riglyne.
  • Normale voordele en toelaes.

Aansoeke:

  • Aansoeke moet vergesel word van ’n CV nie langer as 4 (vier) bladsye nie, asook ’n vraelys wat beskikbaar is op aanvraag by die kerkkantoor.
  • Aansoeke en vraelyste kan gestuur word na admin@rantendalprisma.co.za en moet die kerkkantoor bereik teen 30 April 2021.
  • Die geskikte kandidate sal genooi word vir ’n onderhoud en moet bereid wees om 2 (twee) preekgeleenthede waar te neem op dieselfde dag (oggend en aand).

Navrae:

Die bestuursraad van NG gemeente Rant-en-Dal Prisma behou die reg voor om geen aanstelling te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.