Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Kantoor van die Algemene Sinode

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Rekeningkundige Beampte
Sluitingsdatum: 20 April 2021


Die kantoor van die Algemene Sinode (geleë in Hatfield, Pretoria) wag aansoeke in vir die pos van rekeningkundige beampte.

Diensaanvaarding: 1 Junie 2021.

Hooffunksies van die pos

  • Byhou van die rekeningkundige stelsel van die Algemene Sinode en die Algemene Bevoegdheidsraad.
  • Boekhouding op Pastel Partner tot proefbalans.
  • Suiwering van boeke deur rekonsiliasies en joernale.
  • Bystand met opstel van begroting, finansiële state en oudit.
  • Voorbereiding van kwartaallikse bestuursverslae.
  • Hantering van debiteure en krediteure.
  • Hantering van die jaarlikse registrasiefooie van predikante vir die Algemene Bevoegdheidsregister.
  • Voorbereiding, verkryging van goedkeuring en opstel van betalings.
  • Skakeling met finansiële en beleggingsinstansies, versekeringsmakelaar en diensverskaffers.
  • Skakeling met streeksinodes, taakspanne en ander instansies.
  • Hantering van statutêre vereistes ten opsigte van SARS en finansiële instellings.
  • Hantering van finansiële navrae.
  • Byhou van bateregister en versekeringskedule.
  • Administratiewe ondersteuning aan finansiële, oudit- en beleggingskomitees.

Pos spesifikasies

Werksure: 07:00-13:00 (met die voorwaarde dat langer werksure vir vergaderings in die middag en in bepaalde druk tye verwag kan word).
Die persoon moet in staat wees om sy/haar eie werk te beplan, te organiseer en te implementeer. Goeie interpersoonlike vaardighede is ’n vereiste.
Kwalifikasie: Ten minste een jaar toepaslike naskoolse opleiding.
Praktiese opleiding: Grondige kennis van Pastel Accounting.
Ondervinding: Twee jaar toepaslike rekeningkundige ondervinding. Kerklike ondervin­ding sal gunstig oorweeg word.
’n Volledige posbeskrywing en vergoedingskaal is op navraag beskikbaar.
Rig navrae aan dr Lourens Bosman (Algemene Bestuurder) by lourensb@ngkerk.org.za, sel 082 839 8841.


Die Algemene Sinode behou die reg voor om nie iemand in die pos vanuit die aansoeke aan te stel nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.