Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk in Suid-Afrika

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

PSD: Missionale begeleiding en Afrika-ekumene
Sluitingsdatum: Maandag 24 Mei 2021 om 12:00


Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika maak die vakature vir ’n PSD (predikant in sinodale diens) in die Diensgroep vir Getuienisaksie bekend.

Die PSD: Missionale begeleiding en Afrika-ekumene se uitgebreide verantwoordelikhede kan vanaf die webwerf gelaai word: https://www.kaapkerkadmin.co.za/poste

OPSOMMENDE VERANTWOORDELIKHEDE:

  • Begeleiding van gemeentes in hul missionale getuienis verantwoordelikheid.
  • Afrika Susterkerk-verhoudinge: Ondersteuning van vennootskappe met susterkerke in Zimbabwe, Mosambiek, Malawi, Nigerië en Kenia.
  • Administrasie en Bestuur: Begroting- en bestuursfunksies van die Gesamentlike Diensgroep vir Getuienisaksie.

VEREISTES:

  • ’n Proponent of geordende predikant van die NG Kerk (verdere teologiese opleiding met spesialisasie in missiologie en evangelistiek word sterk aanbeveel).
  • Kennis en ervaring van gemeentelike getuienisbediening.
  • Goeie begrip van verskillende kulture in Afrika en die vermoë om goeie kruiskulturele verhoudinge te kan bou.
  • Goeie kennis en begrip van die kerk se historiese betrokkenheid by ons susterkerke in Afrika.
  • Bewese ondervinding van netwerkbedieninge en vennootskapsbestuur.
  • Bewese organisatoriese-, bestuurs- en administratiewe vaardigheid.
  • Beskikbaar vanaf 1 September 2021.

VERGOEDINGSPAKKET: Volgens die NG Kerk in SA se skaal vir predikante.

SLUITINGSDATUM: Maandag 24 Mei 2021 om 12:00.

Stuur u aansoek as een PDF per e-pos aan: ngkadmin@kaapkerk.co.za

NAVRAE: Persoonlike navrae kan aan dr Danie Möller (083 375 8444) gerig word. Getuienisaksie se webwerf: https://getuienis.christians.co.za/

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.