Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Vakature: Vastetermynpos
20 uur per week (½-dag pos) tot 30 Junie 2022
Sluitingsdatum: 20 Augustus 2021
Gemeenteprofiel:
- Kraaifontein-gemeente is ’n multikulturele gemeenskap geleë in die noordelikevoorstede van Kaapstad. Ons ressorteer binne die Ring van Durbanville.
- Die gemeente bestaan uit ongeveer 283 belydende en 30 dooplidmate.
- Die gemeente bestaan grootliks uit afgetrede persone. ’n Aftreeoord is geleëbinne die grense van die gemeente.
Leraarsprofiel:
Gelegitimeerdes van die NG Kerk wat ampspligte sal nakom soos omskryf, met Artikel 9 van die Kerkorde as riglyn:
- Skrifgetroue Woordverkondiging.
- Iemand met ’n gawe vir pastorale versorging (huisbesoeke is belangrik).
- Goeie menseverhoudinge om in ’n multikulturele omgewing die gemeente te kan uitbou.
- Iemand wat maklik kan kommunikeer en buitekerklikes kan laat welkom voel en aanmoedig om deel van die gemeente te wees.
- Samewerking met ander Christelike geloofsgemeenskappe is belangrik.
- Rekenaarvaardigheid sal in die aansoeker se guns tel.
- Gemaklik in die gebruik van multimedia om die prediking en gemeente-aktiwiteite te ondersteun.
Ampspligte:
- Aanbied van eredienste op Sondae.
- Pastorale, sieke- en huisbesoeke doen.
- Die lei van weeklikse kleingroepbyeenkomste.
- Beskikbaar wees vir begrafnisse en huwelikseremonies.
- Verdere pligte soos omskryf en ooreengekom met die gemeenteraad.
Vergoeding:
- Ons bied ’n vergoedingspakket van R16 000 (bruto) per maand aan. Pligte en diensure sal dienooreenkomstig proporsioneel onderhandel word.
- Die pakket sluit geen byvoordele in nie.
- Behuisings- en/of reistoelaag onderhandelbaar.
Aansoekprosedure:
- Belangstellendes kan ’n kort CV (nie meer as vier bladsye) per e-pos stuur aan: ngkerkkraaifontein@telkomsa.net
- Die Pre-advies/Gemeenteraad behou die reg voor om self ook inligting aangaande die aansoeker in te win.
- Kandidate wat oorweeg word, kan genooi word vir onderhoud, preekbeurt of om ’n skakel na ’n aanlyn/YouTube preek te verskaf.
Sluitingsdatum: 20 Augustus 2021.
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik na die nodige prosesse voltooi is.
Telefoniese navrae:
- Anne-Marie Judeel (Skriba) 021 988 7290.
- Louis Blignaut (Gemeenteraadvoorsitter) 082 552 1372.
Die gemeenteraad behou die reg voor om, sonder opgaaf van redes, geen aanstelling te maak uit die
aansoeke wat ontvang is nie.
Geborg
