Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.
Die kerkraad van NG Kerk Rensburg in Heidelberg, Gauteng, wag aansoeke in vir die onderstaande pos.
Vakature: Leraarspos (Drie jaar termynpos met die moontlikheid van verlenging)
Sluitingsdatum: 15 Oktober 2021
Gemeenteprofiel:
Rensburg is ’n plattelandse gemeente 50 km suid van Johannesburg. Die ongeveer 400 lidmate, waarvan 70 dooplidmate is, bestaan uit ouer sowel as ekonomies aktiewe lidmate. Daar is ’n aftree-oord binne die gemeentegrense en Heidelberg beskik oor twee laerskole en een hoërskool, sowel as verskeie privaatskole.
Leraarprofiel:
Alle gelegitimeerdes van die NG Kerk is welkom om aansoek te doen, veral jonger persone. Rensburg is ’n liefdevolle gemeente wat uitreik na die gemeenskap en daarom is goeie menseverhoudinge en liefde vir ander van kardinale belang. Goeie kommunikasie, rekenaar-, en sosiale mediavaardighede is ook belangrik.
Pligte:
- Soos omskrywe in Artikel 9 van die Kerkorde.
Vergoeding en voordele:
- ’n Vergoedingspakket volgens die riglyne van die Sinode Hoëveld tot by vlak 5 word aangebied. Die volledige pakket, wat ’n ruim pastorie op die kerkterrein insluit, sal met die suksesvolle kandidaat onderhandel word.
Aansoek:
’n Volledige CV van hoogstens drie bladsye met persoonlike inligting en die name en kontakbesonderhede van drie referente kan voor of op 15 Oktober gestuur word aan: ngkerkrensburg1@gmail.com
Persone op die kortlys sal vir ’n preekbeurt en onderhoud genooi word. Reiskoste is vir eie rekening.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Oktober 2021.
Diensaanvaarding: 1 Januarie 2022 of so gou moontlik daarna.
Navrae:
- Leierouderling Peet Grobler 061 193 2257.
Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.
