Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG Kerk Tulbagh

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

Vakature: Leraar
Sluitingsdatum: 10 September 2021


Die kerkraad van NG Kerk Tulbagh wag in afhanklikheid aansoeke in vir die bostaande pos.

Gemeenteprofiel:

Die NGK Tulbagh is die vierde oudste gemeente in Suid-Afrika. Ons is ’n klein gemeente in ’n dorp en vallei wat voortdurend besig is om te verander. ’n Beduidende groep van ons lidmate is jonger gesinne.

Ons besef dat die toekoms nie ’n blote voortsetting van die verlede kan wees nie. Ons glo dat ons op die drumpel staan van die nuwe toekoms wat God besig is om vir ons te skep.

Ons droom van ’n gemeente waarin …

  • Jesus die middelpunt en fokus is van ons hele lewe en bediening.
  • Enigeen onbeskaamd welkom sal voel.
  • Elkeen se gawes, lewe en bediening net so belangrik is soos dié van die leraar.
  • Ons oor grense met ander hande vat vir ’n beter en gesonder Tulbagh vir almal.

Leraarprofiel:

Ons vertrou die Heilige Gees vir ’n leraar …

  • Wat ’n vriend van Jesus en ’n vriend van mense is.
  • Met die leierskapstyl, gawes en vaardighede sodat ons saam in die regte rigting kan groei.
  • Wat kan waag, innoveer en eksperimenteer en saam met ons, vanuit ’n diepe respek vir ons erfenis en verlede, soek na nuwe maniere om die bediening van die ou evangelie volhoubaar voort te sit.

Vergoeding en diensooreenkoms:

Die vergoeding en diensooreenkoms word vasgestel deur onderhandeling, met huisvesting in die pastorie. Ons voorsien dat ’n entrepreneur-leraar oor die langer termyn die toekoms sal wees. Tulbagh bied verskillende moontlikhede hiervoor.

Aansoek:

As jy ’n gelegitimeerde is van die NG Kerk en ons droom jou hart warmer laat klop, kan jy gerus jou CV vir ons aanstuur. Deel kortliks jou eie hart en vaardighede met ons en gee vir ons die name van drie referente om dit te ondersteun.

Sluitingsdatum: 10 September 2021.

Diensaanvaarding: DV vroeg 2022.

Navrae:

Die kerkraad behou die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

Vriende van Kerkbode

Beskerm betroubare nuus in die kerk en bevorder góéie geloofsgesprekke saam met Kerkbode, die blad waarop jy kan staatmaak in ’n veranderende wêreld…
Vertel my meer
Ondersteun betroubare kerknuus

Bybel-Boodskappers

Deel Jesus se boodskap van liefde, verlossing, en hoop elke dag en help ons om nog meer mense te bereik…
Vertel my meer
Deel die goeie nuus van Jesus
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.