Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

NG GEMEENTE MARBLE HALL

Die sluitingsdatum vir hierdie vakature is verby en aansoeke word nie meer ingewag nie.

VAKATURE: LERAAR

(VASTETERMYNPOS [KONTRAKPOS] VIR DRIE JAAR)

SLUITINGSDATUM:   31 Maart 2022


GEMEENTEPROFIEL:

  • Ons gemeente is ’n tipiese plattelandse eenmansgemeente geleë in die middedorp van Marble Hall in Limpopo en is deel van die Ring van Middelburg (Mpumalanga) (Oostelike Sinode).
  • Ons het tans 400 lidmate, waarvan 329 belydend is.
  • Van karakter is die gemeente sterk behoudend met gereformeerde spiritualiteit en stel ’n hoë premie op Skrifgetroue prediking.

 

LERAARSPROFIEL:

’n Gelegitimeerde leraar van die NG Kerk wat begrip en liefde toon vir ’n plattelandse gemeenskap se unieke behoeftes en omstandighede. Die leraar moet:

  • Iemand wees wat, behalwe die pligte vervat in Artikel 9 van die Kerkorde, ’n energieke motiveerder wees wat ons tot ’n aktiewe dienende gemeente kan lei.
  • Iemand wees wat die Here liefhet en ’n roeping het om in sy diens te staan.
  • Iemand wees vir wie Skrifgetroue Bybelse lering voorop staan asook die suiwer gereformeerde leer.
  • Passievol wees oor die erediens en aanbieding daarvan.
  • Alle aspekte van pastorale versorging is baie belangrik.
  • Beskik oor leierseienskappe om die gemeente in alle fasette (erediens, kategese, Bybelstudie, gemeentelike bedieninge, ens) te laat groei.
  • Bereid wees om ’n psigometriese toets af te lê.

 

VERGOEDING:

  • As gemeente in proses van herstel wil ons saam die Here vertrou dat ons binne sinodale riglyne vir ’n Vlak 1 of 2-aanstelling sal kan onderhandel.

 

AANSOEKE:

  • Volledige CV met drie toepaslike referente (elektronies) aan die skriba.
  • Geselekteerde kandidate moet beskikbaar wees vir onderhoude in die week en ’n preekbeurt op Sondag.

 

SLUITINGSDATUM:   31 Maart 2022.

DIENSAANVAARDING: 1 Junie 2022.

 

NAVRAE:

Skriba: ngkmhall@lantic.net

Voorsitter: Riaan van den Heever (082 550 8907) of riaan@elandsbdy.co.za

 

Die gemeenteraad hou hom die reg voor om nie ’n aanstelling uit die aansoeke te maak nie.

No data was found
Geborg

Nuusbrief: Bly op hoogte

Teken in op Kerkbode se weeklikse nuusbrief vir vars nuus, briewe, vakatures, rubrieke, podsendings en nog meer.

Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.